Op Woes.co.za onder Gorrel

So gou...

Die afgelope paar dae kon ek om de dood nie by Woes inkom nie. Dalk was Woess ook bietjie met verlof oor die groot dae?

So Gou...

So gou snel die dae, die tyd verby. Met groot afwagting het ek die dae getel dat ek kan huistoe vir die feestyd.
En nou? Na wat soos 'n oogknip, sekondes voel, moet ek vandag alweer my goedjies begin pak vir more se terugtog na Durnacol daar in Natal. Ek gaan nie eens werk as ek terug is daar nie. Moet net daar wees vir ingeval ek benodig word.
Klaar beplan vir my alleen oujaars-aand. Ietsie koud vir die keel in die yskas. 'n Vuurtjie en 'n tjoppie.
Tyd om te mediteer, terug te kyk na die jaar wat verby is, en vorentoe na die jaar wat wag. Geen voornemings nie. Dit word tog binne die eerste week verbreek.Vat die nuwejaar dag vir dag en soos dit kom. Opkyk na bo. Hy sal my en my gesin lei soos Hy die beste weet.
'n Besonder geseende en voorspoedige Nuwejaar en Seeninge by die emmersvol uit Sy hand vir elkeen van julle.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/so-gou
Jan v.d. Merwe

Ek is Jan v.d. Merwe. Ek noem myself ook 'n "Boelandse Capy" omdat ek in die Paarl groot geword en skool gegaan het. Is al die afgelope 34 in Gauteng, waarvan ek en my vrou die laaste 24 jaar in Springs woon.Ek het twee seuns en 'n dogter en is die trotse oupa van 7 eie en'n pasella tweeling kleinkinders!
Ek doen koerierwerk vir 'n bekende firma in Delmas. Dis wanneer ek soms ver paaie, soms naby ry, dat die Here met my praat en waar HY ook male sonder tal, my op die heel laaste oomblik van 'n gewisse dood gered het.
Ek is geen digter of skrywer nie. Ek vertel maar net soos ek dinge ervaar.



Totale stukke publiseer: 748
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 3,424