Op Woes.co.za onder Gorrel

Vakansie gee my krag

Aan al my Woes vriende.
My en ou Schatsie se kragte was heel gedaan die laaste maand van die ou jaar, want dit het woes gegaan gedurende November in die fabriek. Ons het nuwe krag gaan opbou by ons kinders en kleinkind in Walvisbaai die kers seisoen. Dit is ook hoekom daar geen kommentare van my was nie die afgelope tyd, asook was my pen stil, want ons moes krag opbou vir 'n nuwe uitdagende jaar wat voorle.
Sodra ons vakansie ervaringe opgeteken is sal ek dit plaas sodat almal die reis met ons kan meemaak. Ons voel nou weer vol krag en lewenslus, amper soos 'n ou kar wat gewoond was aan gewone petrol en nou skielik hoe oktaan petrol gekry het. Ons sien nou kans om die bulte van 2015 uit te seil met hernude krag en woema en as daar 'n afdraandjie kom sal ons maar net so bietjie freewheel en weer spiert gee vir die volgende bult van die lewe.
Groetnis en mag julle almal nuwe inspirasie en skrywers korasie kry vir 2015 en mag die Here julle seen met gesondheid, krag en baie ink en krag in julle se skryers penne.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/vakansie-gee-my-krag-krag
schatz

Ek is 'n 1948 model, getroud (jonk van gees) wat hoofsaaklik vir plesier, my vrou , kinders en vriende skryf.  Ek was in Paarl  ( HJS - Galpil) op skool en daarna vir 2 jaar Hermanus Hoërskool. Ek het op 50 jarige ouderdom, om gesondheidsredes, besluit om 'n beroep in die munisipale wese te verruil vir 'n landbou gedrewe beroep en bedryf 'n vrugte droog maatskappy in die Klein Karoo.  Op 60 jarige ouderdom is ek na vele  verkeerde diagnoses positief gediagnoseer as een van omtrent 156 mense in die land met MG (myasthenia Gravis)  Dit het my beweging aansienlik ingekort en ek het begin skryf en skilder as tydverdryf.  Ek kon nie meer voortgaan met die vrugte droog nie en ons bestuur tans 'n fabriek wat vrugtelekkers vervaardig. Ek skryf hoofsaaklik oor persoonlike lewenservarings en ondervindings.  Baie van die skryfwerkies het 'n Christelike boodskap en verskeie mense het reeds versoek om dit te lees.  Ek skryf hoofsaaklik  in gewone "plat"  praat Afrikaans maar het ook 'n paar Engelse stukkies geskryf.  My styl is ondervang in "Digresep".
Ek verwelkom eerlike kommentaar en  kopiereg  voorbehou.
Wat is schatz  ?  Kom ek stel dit so "It takes two to tango" en schatz beteken liefling of skattebol in Duits.  Ek is schatz vir my vrou en my vrou is schats vir my ! Sy is duitsmagtig.  Ek skryf en lewer kommentaar. Sy doen die "e-posse" en checking.  Ek is afrikaans en sy is engels, maar ons huistaal is Afrikaans.  Dus is dit boertjie en rooinek wat hier saamwerk.  Goeie genugtig nê ! Kan jy dit glo ?  Ons kom nogal goed oor die weg.  Waarom skryf ek ? En waarom soek ek kommentaar ?  Kom ek verduidelik dit so : 
Skryf is soos my koffie en tee.
Die suiker en melk is wat julle gee.
Koffie en tee sonder suiker is bitter.
Melk maak die tee skoner en witter.
Die lewe is klaar swart en bitter.
Kommentaar maak harte skoner en witter.
Suiker neem weg lewens bitter.
Lekker man, dis lekker, ek dink.
Om soet, wit koffie en tee te drink.
So hou aan met skink
Dit hou die lewe lekker blink.
Aitsa ! - Hoe klink dit ?
 



Totale stukke publiseer: 213
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 638