Op Woes.co.za onder Gorrel

VANDAE IN WOORDE

Askies, ouens, maar ek het versuim om die woorde van die week te maak!
Hier haal ek maar sommer 'n hele paar na.
Astoukei is. Met julle, meen ek. Ja?
Dan lê ek ma' los
:

O, my koP LÊ Koud op my kussing,
en ek roep na my MA AN
dermaal,
maar sy kom en sy kom en sy kom nie.
Sal ek soek in my kar- of my WA-TAS?

-----

Is't daar, is't goed,
is't nie, iS'T OEPS.

-----

TOR IEmand alweer aan my oor –
Hy vloek my 'n SO-EN-so kêrel –
maar ek sien, hy is slegs 'n maK OS:
BAAR
d maak hom nie beter as ons!

-----

Moet sê, hy betaal soveel geld vir sy haarGÉL –
UI-DE
o-reuk dryf my nog altyd tot waansin,
en ek spuit sonder SPYT uit my flitspomp
(Iets wat jul jonges nie kan ken nie)

-----

As ek honger is,
en dit donker is,
laat ek brood kom,
laat ek koek kom,
gedra in die hand van die bakKERS FEE:
S
tom staan dan die dwergies rondom,
stom tot die eerste begin om te brom
en hy sing uit uit volste borste,
„Goedgedoen,
welgedaaN,
U WE
et dog mos,
ons knabber ja graag aan die korste.”

[PLEK, MAAN, WAT AS? STOEPSTORIE, SOEN, KOSBAAR,
GELUIDE, SPYT, KERSFEES, NUWE
]

-----

Jinne, mense! Kry ek daai ding ooit reg?
Nou is woes al amper verby, en ek het dit nog nie geleer nie.

c]:o(

Groetnis vanToom

2016...................................................................................................................................tje


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/vandae-in-woorde-nuwe-nuwe
Toom

Dag-ook,
    alhoewel ek miskien 'n bietjie baie oor taalkwessies en filosofie mag redekawel, het ek NIE 'n graad of soiets in  taalkunde of filosofie nie. Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, van biertjies op die stoep, dagblaaaie en vaktydskrifte en die gans normale daaglikse waansin. Dikwels moes ek toe tot diep in die nag sit en beraam om iets vir môre uit te werk. Sommiges het bly kleef. Weiniges.

     My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet smaak, glad oor die tong moet rol.

     Sedert meer as veertig jare woon ek in Duitsland; het vrou, kinders, kinderssekinders, huis, hond gehad, katte ook, heimwee. Tweekeer het ek in hierdie tyd heimatverlof geniet.

   Eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies, stowwerige uitdrukswyse nou uit hul winterslaap wagword.

    Nou is ek al drie jare lank bendelid hier op Woes se werf, en besoekers is op werfie ook welkom.

    Ek hoor julle, luister na my, ons kan nog lekker gesels. 

    Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

    - Oupa, nie alles wat lekker is, is soet nie. Proe maar hierdie klawerblad - dis mos lekkersuur, nè?

    So leer ons hopelik van mekaar.
    Groetnis vanToom




thomas.egerton@web.de



Totale stukke publiseer: 372
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 637