Op Woes.co.za onder Gorrel

Wie van ons twee se senuwees gaan eerste ingee. Kontras


Die keer sal ek maar moet bieg, hierdie onwelkome gas het dae lank sy voelers vir my gewys. Wie wil nou rêrig so iemand verwelkom? Daar op die voorstoep tuur ek oor die seisoene van menswees, net tyd sal leer hoe ek daarna sal uitsien. Terwyl my gedagtes oor die vêrre horison sweef smul ek heerlik aan ʼn sappige koeksister. Meteens is die duiwel los, ek brul van tandpyn, hier kom die onwelkome tandpyn vriend wat ek so ewe van praat en kom plak hom binne-in my mond neer. Wie het jou nou eintlik genooi, ek glo nie ek wil jou rêrig ontvang nie. Elke dag het genoeg van sy op en af avonture. Soos dit gaan in die onvoorsiene vastrapplek in die lewe, is ek nie ʼn goeie kandidaat of proefkonyn dat iemand aan my tande moet werk nie. Ek het ʼn versoek aan die tandetrekker gerig: dok ek glo nie jy moet my vandag inspuit nie. Hy kyk na my en skud net sy kop. Heel op sy gemak maak hy alles reg vir die... met sy boormasjien in die hand sien ek dat hy nou begin twyfel. Hy sit die boormasjien terug op die trollie. Hy staan op en gaan loop ʼn draai, na ʼn rukkie is hy terug. Hy kyk na my kant toe en ek na sy kant toe... Nou wonder ek meteens, wie van ons twee se senuwees gaan eerste ingee?

Hy vat weer die boormasjien in sy hande, ek sien hoe die pêrels sweet op sy voorkop uitpêrel, ek kry hom so jammer..., goed dok. Spuit maar in. Ek is nie so bang vir die inspuiting nie, maar vir daardie vloeistof wat hy my wil inspuit om my tand te bedwelm of is dit nou vir my. Na ʼn paar minute is dok in sy sewende hemel, kan ek sien dat hy nou meer ontspanne is. Ek gee hom te kenne dat ek hierdie sessie oorleef het. Alles wat uit plek is het tyd nodig om weer tot verhaal te kom.

Twee dae later soos die son ook maar water trek deur die dag, is die energie ook nie meer op sy regte vlak nie. Meteens draai my twee oë soos twee plafonwaaiers al in die ronde. Net so vinnig soos dit gekom het, net so vinnig kom dit tot bedaring. Wat sal dit nou wees, het ek gewonder? Die nag moes verseker baie kort gewees het, ek lê en wag vir die môrestond-roeper, miskien het hy ook nie so ʼn wafferse nag gehad soos ek nie. Aa, daar kraai môrestond-roeper nou eers! Traag gooi ek my bene van die bed af. Op die oog af voel ek nie te sleg nie. My voornemens vir die dag is, om my skootrekenaar se harde skyf skoon te maak van al die maande se skryfwerk. Ja vandag het iemand sy mes vir my in. Daardie sensasie van goedkoop dronk word sonder om ʼn sent te spandeer kom vat nou aan my lyf en kop. O gedorie, wat is dit nou met my, dit kan nie waar wees nie. Ek kan nie onthou wanneer laas so iets met my gebeur het nie. My orgaan wat graag lofprysing wil besing is besig om te kokhals. Voor enige voorbereidings getref kon word, het die fontein oopgebars. Wat uit moet maar uit. Nou voel ek amper weer mens, min wetend dat die vulkaan glad nog nie so sluimerend is nie. So soet soos die eerste keer, so vulkaansuur is dit nou, daar en dan word die vorstelike liggaam op die knieë gedwing sonder enige toestemming. Al langsamerhand word daar gebabakruip en al hoe kwaaier woed die vulkaansuur hier so by my suurstof kanaal. Onophoudelik woed dit voort tot ek my op die bed bevind met wederhelf wat met ʼn simpatieke hand bygestaan het. Sy vra of sy die dokter kan bel want sy vermoed dalk die ergste. Ek sê so tussen die suurstof en die vulkaansuur ja.

In ʼn japtrap is die dokter hier, hy skrik hom amper self uit sy skoene uit. Ek hoor so tussen die dood en lewe dat hy nie weet wat dit kan wees nie. Intussen is ek in ʼn tweestryd met my kop en hart, óf is dit nou skielik iets anders. My kop sê dit sal beter wees om die gees te gee as om te lewe; want op hierdie stadium voel ek letterlik so. Maar my “wil om te wil lewe” het iets anders met my in gemeen. Waar trek ʼn mens nou die streep tussen hierdie twee kontraste?

Ek hoor so in my geroggel dat hierdie dokter nou ʼn ander dokter bel. Hoe lank ek in hierdie toestand vasgevang gelê het, kan ek nie presies sê nie. Dit het definitief nie soos ʼn ewigheid gevoel nie. Ek voel hoe die vulkaanpyp al hoe meer brand óf is dit my hart wat sy laaste werk nou moet doen. Ek hoor hoe die ander dokter vir my vra vrae wat ek so deur my benoudheid probeer beantwoord. Een ding blyk vir my soos ʼn paal wat bly staan en dit is dat my “wil om te wil lewe” nie bes gaan gee nie. So sweef ek tussen êrens of nêrens, hoor ek hoe bevestig die een dokter wat ek self vermoed het...

In my beswyming vra ek die dokter of ek hom iets skuld vir sy moeite. Hy antwoord my dat ek hom niks skuld nie. Hy vertel aan wederhelf dat ek hierdie soort medisyne moet drink en dat ek my vir vyf dae in die bed moet hou. My “wil om te wil lewe” het my uit die bed gejaag. Dronk-dronk gaan sit ek in die sitkamer om vir beter dae te wag. Ek probeer om hierdie slegte medikasie te drink, maar o wee, dis vinniger uit as wat ek dit probeer inhou. Ek vra vir my vrou dat sy vir my appelasyn met water moet bring om te drink, want ek weet dat hierdie wondermiddel die suur in my liggaam gaan neutraliseer. So ʼn uur daarna drink ek toe die dokter se medisyne, wat soos hy dit beskryf tot my eie voordeel sal wees. Die nag het sonder enige voorval verby gegaan.

My “wil om te wil lewe” is nog glad nie klaar met my nie en het my vroeg uit die vere gejaag. So ongeveer 9h30 bel die dokter my om te verneem of ek wel die nag oorleef het. Hy glo my nie, ʼn half uur later kom besoek hy my. Ek maak vir hom die deur oop, groet en bedank hom vir sy besorgdheid oor ons familie. Waar ʼn “wil is om te wil lewe” is dit lekker om te wil lewe. So bring ek al die lof aan my hemelse Vader.

Oor ʼn week moet ek weer die meulenaar óf is dit nou die tandarts gaan sien en daardie inspuiting?

30/11/2015 om 22h35.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/gorrelstuk/wie-van-ons-twee-se-senuwees-gaan-eerste-ingee-kontras
Arnold

ONTRAFELING MET ´N GELUKKIGE EINDE:
Ek en my pen het die stryd aangesê om te skryf.
Deur diepe pyn van verhale
wat ek deur die jare
met moeite en teleurstellings
nie altyd kon verstaan
probeer vaspen met frustrasie.

Na al die tyd van swoeg en sweet
het die boek vorm aangeneem,
maar die mens met sy grille
kon dit nie verstaan,
al hierdie letters en woorde
met hulle sinjifikasies —

Maar ek het ʼn intensie
met al hierdie verskonings
“van ek kan dit nie verstaan nie.”
Vir al hierdie woorde se ontrafelings:
hier ʼn verskuiwing, en daar ʼn byvoeging
ʼn ryming of twee daarby,
siedaar ʼn “Digbundel” my eersteling.

Al my dank aan die Almagtige wat my bygestaan het.
Alle werke is onder hewig aan ©.




Totale stukke publiseer: 343
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 1,586