Op Woes.co.za onder Jeugverhale

die arme donkie

n Man het klippe versamel in die veld met sy donkie, wat hy dan weer gaan verkoop het in die dorp aan die bouers. Hy het nie veel vir n vrag gekry nie, maar as hy dit heel dag volhou, maak hy darem n bietjie geld. Eendag toe hy uitgaan om klippe te versamel, dink hy by himself; ek verdien nie veel per vrag nie, miskien moet ek die donkie bietjie swaarder laai. Hy laai toe n ekstra vyf klippe, meer as die gewone tien per vrag. Die donkie het swaar gedra, maar die taak verrig, met n taamlike gesukkel. Die man sê toe vir himself; ‘As die donkie vyftien stene kan dra, sal twintig seker nie te veel gevra wees nie’. Maar dit was; hy pak die stene een-vir-een, en toe hy die laaste steen op die donkie se rug sit, het die dier n paar tree gegee voor sy bene finaal ingegee het. Die donkie was kaput - en die man was sy pak-dier en sy inkomste kwyt…
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kinderverhaal/die-arme-donkie
Jacques Brown

Ek is van Centurion. In my jong dae was ek in die bou-bedryf as n messelaar werksaam. Daarna het ek vir vyf jaar as n kroegman by n rolbal klub gewerk. Later jare het ek begin dig en skryf; dit is nou al meer as tien jaar. Deesdae kyk ek na nuwe rigtings en wat die lewe my ookal mag bied. Hierdie is n bietjie van my Afrikaanse skrywe en n paar vertalings van my Engelse werke.

(My webtuiste: http://www.abctales.com/user/baker-street)

"Bly by jou beginsels en heg waarde aan alle mense..." Anoniem



Totale stukke publiseer: 60
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 121