Op Woes.co.za onder Jeugverhale

die siel-stroper

Eens was daar ʼn ryk man wat alles gehad het wat sy hart sou kon begeer. Hy het ʼn groot besigheid gehad en sy rykdom het geen perke geken nie. Hy het in ʼn groot herehuis gewoon, en in ʼn luukse miljoen rand kar gery. Hy het mense verafsku wat hulleself nie kon help in die lewe nie; en as sulks het hy nie juis tyd gehad vir arm mense nie. Hulle was net ʼn besorgenis en ʼn las op die belasting-betaler. Hy het groot partytjies gehou en al die beroemde mense dwarsoor die land het die aangeleenthede bygewoon. Sy vrou was uit die hoër klas, en sy kinders het blink toekomste gehad. Sy aftrede was verseker, en hy sou wonderlikke tyd gehad het, na gelang van ʼn leeftyd se harde werk. Maar een aand tref ʼn hart-aanval hom, en hy sterf in die ambulans oppad na die hospitaal. Die begrafnis was ʼn uitnemende afêre, met baie familie en vriende wat dit bygewoon het. Toe die kis in die graf afsak is ʼn eerbiedige loflied gesing. ʼn Kraai het naby op ʼn tak gesit en alles dop gehou. Toe almal weg was en die begrafplaas leeg en verlate; het die kraai op vlug geneem, en oor die man se graf gevlieg, en sy siel saam met hom gevat…

Daar was ʼn arm man wat sy hele lewe ge-arby het vir ʼn nederige bestaan. Hy het vir minimum loon gewerk by kar-waserye en op vullis-trokke. Hy het geen vrou of kinders gehad nie, en baie min vriende. Hy het in ʼn klein kamer gebly wat hy gehuur het, aan die arm kant van die dorp. Sy besittings was skraal, en nie duur van aard nie. Hy was ook ʼn kunstenaar en het ʼn bietjie geskilder op sy af dae, maar het nooit ʼn pennie van sy kwas verdien nie. Hy was ʼn arm, maar gelukige man, wat uit die sweet van sy aangesig sy brood verdien het. Die jare het verby gegaan, en terwyl ander hulself verryk het, het sy omstandighede dieselfde gebly. Hy was nog steeds besig met sy minimum loon werkies, toe hy eendag kanker ontwikkel het, en kort daarna gesterf het. Nie baie mense het die begrafnis bygewoon nie, slegs sy bietjie bloed-familie en ʼn paar ou vriende. Hy het in ʼn arm-man’s graf gelê, en kort na die klein diens, was die begrafplaas leeg en verlate. ʼn Duif het in ʼn boom gesit en die verrigtinge dophou. Toe alles still was, stryk hy sy vlerke, en sweef oor die arm man se graf, en hy vat so sy siel saam met hom…

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kinderverhaal/die-siel-stroper
Jacques Brown

Ek is van Centurion. In my jong dae was ek in die bou-bedryf as n messelaar werksaam. Daarna het ek vir vyf jaar as n kroegman by n rolbal klub gewerk. Later jare het ek begin dig en skryf; dit is nou al meer as tien jaar. Deesdae kyk ek na nuwe rigtings en wat die lewe my ookal mag bied. Hierdie is n bietjie van my Afrikaanse skrywe en n paar vertalings van my Engelse werke.

(My webtuiste: http://www.abctales.com/user/baker-street)

"Bly by jou beginsels en heg waarde aan alle mense..." Anoniem



Totale stukke publiseer: 60
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 121