Op Woes.co.za onder Jeugverhale

Voor My Voete

Here, ek was lanklaas hier. Lanklaas voor Jou voete. Kruipend. Ek het lanklaas die teerklippies in my vlees voel inkruip. Ek het lanklaas kom onskuldig pleit. Skuldig.

Al struikelend kruip ek graag vorentoe. Vermorsel ek verder my kniee. Maar ek staan nou stil. Ek staan stil en staar die lewe direk in sy ysbloedige oe. En ek voel niks. Ek staan stil en kyk hoe ander kruip, val…opstaan. En ek voel niks. Absolute leemte.

My hart het ek toegedraai in die mooiste presentjiepapie. Ek het jou gevra. Gesmeek. “Moet ‘seblief net nie die porselein beeldjie laat val nie” Een, twee, drie. Ek sou verder kon tel, maar ek wil nie.

Ek proe ‘n bitterspyt opkruip in my keel. Eensaamheid. Gebrokenheid. Teleurstelling. En ek wil kots. Probeer, probeer so donners hard om sin te maak. Om jou skoon gesiggie vas te hou en vir jou te se: “Jy is fokken perfek.”

Ek kan nie meer nie. Ek kan nie vir ure lank aaneen met myself redeneer om vas te stel dat jy maar onskuldig kan pleit nie. En ek wonder. Wonder wie jy is. Wie jy was. Wie het ek leer ken, Engel?

Maar ek sal weer opstaan. Die bloed van my kniee afvee sodat dit op my hande kan wees. Sodat ek dit aan my gesig kan afvee en vir myself kan se: “Jy is perfek.” Ek sal opstaan en ek sal terugkom en jou optrek.

“Haal af jou masker, want ek is mal oor jou gesig.”

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kinderverhaal/voor-my-voete
Zani



Totale stukke publiseer: 4
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 3