Op Woes.co.za onder Kortverhale

twee

Dit was ses keer gewees, maar die val van die hoeksteen was nie die amptelike oorsaak van jou skyn nie. Die ruiter verwag ’n soen op sy bloeiende hand. As gevolg van die nekrose wat die horison soos ’n proefbuisie vol gif in die verte laat stoom, is daar die voeding van ’n pasgebore sonde wat verveeld deur die tonnels van my seerkry grawe. Stilte gedenk nooit die verbeelding van sondaars nie, maar voed eerder die kanale van smet wat rumoerig in die kelkblom se arms dans om sonlig te versper. Waarheen is die fluweel-sagte aanraking van die maanglans se bode? Verbeelding is die wond se soveelste genesing, maar wanneer daardie onbekende klein moerskont se gesig hier voor my verskyn, bliksem ek alles flenters. Dit was nie asof die klaer ’n klag kon maak oor wat op daardie toneel aan die gang was nie. Sy gedagtes was te veel toegespits op die meisie met die bloedrooi lipstiffie, bruin handsak en Rolling Stones-hemp. Kelkies verwelk soos stof op die motor se paneelbord. Ondervoede mense drom by die Wimpy saam en smeek vir water. Ek skiet ’n sigaret-stompie in hulle rigting en dink vir ’n oomblik aan die keer toe ons pizza gaan koop en dvd’s gaan uitneem het. Verby is die skande van ’n orgasme wat nie wil kom nie. Verby is die verleentheid van my bloed wat die vloer bevlek.


© T. Fourie

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/144591-twee
Tertius Fourie

"There is in every madman a misunderstood genius whose idea, shining in his head, frightened people, and for whom delirium was the only solution to the strangulation that life had prepared for him". (Antonin Artaud)

Profielfoto: "gebreek" deur Tertius Fourie.

Ek behou kopiereg op al my skryfwerk en foto's.



Totale stukke publiseer: 143
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 329