Op Woes.co.za onder Kortverhale

Ontug

„Wat het jou besiel om met die m**d te trou?” skel sy suster.
Sy ouboet spring nou ook sommer in: „Ja, wil jy nou regtig hê jou kinders moet basters wees? Ons pa sal in sy graf omdraai as hy dit moet weet!“
„Kyk“, sê sy suster en druk haar vinger in sy gesig, „of jy los haar of jy is niks meer van ons nie!“
Hy het gepynigd in die veld gaan bid.
Die volgende dag is Miriam en Aaron se velle wit van melaatsheid.
Moses het nog altyd Sy meesterlike sin vir ironie bewonder.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/155210-ontug
Cois Labuschagne

I am not a puppet,
I am a grenade
- Marilyn Manson



Totale stukke publiseer: 3
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 5