Op Woes.co.za onder Kortverhale

Taal van liefde



Haar vinger lok hom nader. Sy staan daar met net ʼn t-hemp. Dis ʼn groot een wat sy by hom geleen het. Tog wys haar lyne perfek asof sy niks dra nie. Met lippe wat vuurwarm soen wag sy vir hom.
En hy weet daar is net een pad. Hy beweeg nader aan haar.

Die maan verlig haar profiel. Skone lyn van ʼn beeldskone vrou wat die nag se warmte met ʼn paar grade laat styg. Dan is dit net sekondes wat twee pare lippe skei. Oë wat ontmoet en in ʼn eie taal mekaar verlei. Haar hande sluit om sy middellyf en trek hom nader. Sy weerstand verkrummel in ʼn oogwink. Met een beweging ruk sy die hemp, wat styf span oor sy bors, oop en trek hom styf tot teen haar.

Warm soene verken twee lywe wat nou vergeet van die nag wat stout deur die venster loer.
Liefde wat so spesiaal is in elke soen en elke aanraking. Die bed word getref met ʼn harde slag en
skuif ʼn paar duim oor die vloer. Die oomblik breek aan waar die wêreld buite vergete is.
Net die vuur in die hoek brand warmer as die liefde wat nou saamsmelt in harmonie.

Vingers verken die kontoere van elkeen se lyf. Haar borste staan reg vir sy aanraking. Wagtend vir sy tong om die vuur verder in haar aan te wakker. Met haar lang naels trek sy lyne van lekkerkry oor sy rug en dan oor sy bors. Daar is nie meer spasie tussen hulle nie, dis vel op vel.

Sy draai op haar rug. Waarom langer wag vir die groot oomblik waar twee lywe een word. Sy smag al die hele aand na hom. Reeds van vroegaand toe hy met sy 5voet 11duim lyf uit die swembad geklim het. Al ken sy elke kronkel en spier in sy lyf, verlei hy haar elke keer as hy net na haar kyk.

Hy beweeg tot hy bo-oor haar toring. Sy oë ontmoet hare en hy lees die romanse op haar gelaat.
En hy sak stadig in haar lyf weg, daar waar sy reeds in ʼn rivier verander het. Sy manlikheid vind haar ritme soos sy reeds beweeg saam met hom. Die wonder van liefde.

Skielik is die nag soos ʼn verskietende ster wat in kleure oopbars teen die plafon. Sy gryp hom mos en smoor haar krete teen sy lippe. Haar hart se tempo breek deur klank. En twee gety golwe breek oormekaar, volmaak soos elke keer. En sy fluister sag, dis ons taal van liefde my man.

© Werner Die WoordSkilder – 30 November 2015
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/164672-taal-van-liefde
Werner

My naam is Werner. Ek is in Pretoria gebore en dis waar ek die grootste deel van my lewe spandeer het



Totale stukke publiseer: 106
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 248