Op Woes.co.za onder Kortverhale

die eerste kersfees

Caiaphas was ʼn man met met die wêreld se probleme op sy skouers. Dit was nou amper ʼn jaar sedert hulle die moeilikheid-maker gekruisig het, en van toe af was die wêreld gedompel in chaos en opstand. Van tyd-tot-tyd het die Romyne nog van sy dissipels gevang, maar steeds het die beweging vinning gegroei. Dit het gelyk asof die beweging populêr was by die gewone mense en die arm mense, met mense wat aangesluit het nie net uit die stede nie, maar ook op die platteland. Hulle het selfs begin om hulself ‘Christene’ te noem, en beweer hulle behoort aan die nuwe ‘geloof’. Vir hom was hulle niks behalwe ʼn sekte, ʼn besorgenis en ʼn gevaar nie, en hy sou enige-iets doen om dit te keer. Maar steeds het die beweging vining gegroei. Dit wou voorkom asof hulle getalle toeneem hoe meer hulle vervolg is. Die temple en sinagoge was nog bedrywig, maar dit wou vir voorkom asof die mense hulle stilletjies en een-een verlaat, om by die gespuis aantelsluit. Miskien was hy net paranoies. Nietemin het die nuwe ‘geloof’ versprei asof dit die plaag self was. Dinge was besig om te tuimel in alle rigtings. Dit was asof iemand ʼn klip in ʼn kalm poel gegooi het, en die kringe van die gevolge het nou alhoe wyer versprei. (Hy het dit nie besef nie maar die gevloge sou al hoe wyer uitbrei en die hele mensdom, en die hele menslikke gekeidenis, afekteer.) Ja, dit het alles begin toe hulle die moeilikheid-maker gekruisig het, dink hy by homself. Hy was die soort wat jy nie selfs na sy afsterwe kon vertrou nie. En nou al die oproer. Hoe lank sou hierdie vewaring en onskerheid nog duur?; wonder hy. Hy het gehoop dat die owerhede hulle beweging gou sou kon onderdruk. Dinge kon nie so aangaan nie. Die toekoms van die ware geloof was op die spel. Hierdie rebelle was besig om die mense wegtelok van God en die geloof, net soos hulle leier voor hulle gedoen het. ʼn Einde moes daaraan gesit word. Party dae het dit gevoel asof sy eie gesondheid en welstand agteruit gaan. Na die duiwel met die moeilikheid-maker! As dit nie vir hom was nie, het niks hiervan gebeur nie! Hy gaan sit toe in die skadu van ʼn boom in die tuin, en roep na die knegte vir ʼn drankie. Wanneer sou dinge ooit na normal terugkeer? Wanner sou die ou wee herstel word? Die koel bries het deur die blare van die boom gewaai, soos was die winde van verandering besig was om te waai dwarsoor die land…
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/die-eerste-kersfees
Jacques Brown

Ek is van Centurion. In my jong dae was ek in die bou-bedryf as n messelaar werksaam. Daarna het ek vir vyf jaar as n kroegman by n rolbal klub gewerk. Later jare het ek begin dig en skryf; dit is nou al meer as tien jaar. Deesdae kyk ek na nuwe rigtings en wat die lewe my ookal mag bied. Hierdie is n bietjie van my Afrikaanse skrywe en n paar vertalings van my Engelse werke.

(My webtuiste: http://www.abctales.com/user/baker-street)

"Bly by jou beginsels en heg waarde aan alle mense..." Anoniem



Totale stukke publiseer: 60
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 121