Op Woes.co.za onder Kortverhale

die kop-kussing

n Ryk man lê in sy bed laat in die nag. Hy het in n groot herehuis gebly. Terwyl hy daar lê met sy beeldskone vrou langs hom, en omring deur sy al rykdom, lê hy en top oor n duisend dinge. Gaan die land se ekonomie dit volhou? Gaan sy besigheid dit maak? Wat as die gepeupel in opstand kom? Hy het nog uitstaande skuld gehad…Al die sorge het deurnag by hom gespook, soos hy lê en rondrol het in die bed. Die skrif was teen die muur; die winde van verandering was besig om in n storm te ontaard. Die jeug het net meer die ou pad gevolg nie, en die toekoms was onseker. Hierdie realiteite het by hom gespook terwyl hy omring was deur weelde en rykdom. Sy nagrus het hom weereens ontwyk, en hy kon glad nie slaap. Net nog een van baie slaapelose nagte. Hy het die aand in angs en onrustigheid spandeer. Wat sou die dag van more bring? Miskein sy einde - miskien n einde aan dit alles…

Nie vêr van sy luukse woning nie, het n nederige arbeider geslaap in sy hut in die veld. Hy het hom heeldag afgesloof vir n almoes, en het saans seer en uitgeput huistoe gekom. Tog het hy sy skrale maaltyd geniet alvoorens hy gaan lê het vir die aand. Slaap kom vining vir n moeë man, en gou was in droomland, en sy gedagtes was gevul met sy vrou en drie klein kinders. Hulle het kos in hulle mae gehad, en n dak oor hulle koppe. Hulle sou altyd voor voorsien word, het die nederige man geglo. Hy het geen besorgenisse gehad nie. Hy het geslaap soos n koning, met sy vroutjie by sy sy, en hy het n soete nag se rus gehad. Hy was nie n ryk man nie, maar hy het genoeg gehad. Hy was nooit welvarend nie, behalwe in die rykdom van sy gees.

Liefde, vertroue en eerlikhied was sy kop-kussing, en dit sou altyd so wees…

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/die-kop-kussing
Jacques Brown

Ek is van Centurion. In my jong dae was ek in die bou-bedryf as n messelaar werksaam. Daarna het ek vir vyf jaar as n kroegman by n rolbal klub gewerk. Later jare het ek begin dig en skryf; dit is nou al meer as tien jaar. Deesdae kyk ek na nuwe rigtings en wat die lewe my ookal mag bied. Hierdie is n bietjie van my Afrikaanse skrywe en n paar vertalings van my Engelse werke.

(My webtuiste: http://www.abctales.com/user/baker-street)

"Bly by jou beginsels en heg waarde aan alle mense..." Anoniem



Totale stukke publiseer: 60
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 121