Op Woes.co.za onder Kortverhale

die tabak-pyp

Die pyp-roker is oud. Hy het n weelige wit baard en snor. Hy sit voor die televisie-stel en tel onbewustelik sy tabak-pyp op.

Hy vul die pyp met n spesiaale mengsel tabak, en druk dit vas met sy duim. Hy steek dit aan met n pyp-aansteker en rook met tevredenheid terwyl hy kyk na die aksie op die skerm. Suid Afrika speel in die tweede toets teen Indië. Dit is die derde dag van die Gesins-dag toets. Suid Afrika het pas begin kolf in hulle tweede beurt, en het n voorsprong van agt-en-tagtig lopies.

Die ou man volg die aksie op die skerm stiptelik, terwyl hy gelukkig aan te rook is aan sy pyp. Nou en dan druk hy die gloeiende kool van die pyp was met sy ‘smokers-companion’. Dan is hy weer aan die rook, en put groot plesier uit die aroma en smaak van die sterk tabak. Die figure flits op die skerm terwyl hy sit en rook.

Die tabak walms en rook deurtrek die sitkamer, terwyl die ou man sit en rook, en kyk na die sport. Wanneer hy uiteeindelik genoeg genot geput het uit die pyp, sit hy dit langs hom neer op die bank, by sy tabak-sakkie. Hy sal dit oor n rukkie weer optel en verder rook.

Dan dwaal sy oë weer terug na die televisie-skerm, en hy geniet verder die spel…

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/die-tabak-pyp
Jacques Brown

Ek is van Centurion. In my jong dae was ek in die bou-bedryf as n messelaar werksaam. Daarna het ek vir vyf jaar as n kroegman by n rolbal klub gewerk. Later jare het ek begin dig en skryf; dit is nou al meer as tien jaar. Deesdae kyk ek na nuwe rigtings en wat die lewe my ookal mag bied. Hierdie is n bietjie van my Afrikaanse skrywe en n paar vertalings van my Engelse werke.

(My webtuiste: http://www.abctales.com/user/baker-street)

"Bly by jou beginsels en heg waarde aan alle mense..." Anoniem



Totale stukke publiseer: 60
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 121