Op Woes.co.za onder Kortverhale

DIRK - Slot

Dirk moet eet ook. Geen mens kan op ’n leeg maag werk nie. Dirk leef van die veld. Hy is ’n beter natuurmens as myner.
’n Lekker vet dassie, met ‘n sterk toutjie-lus gevang, ’n vlakhaas met ’n kort kierie raak gegooi, ’n vet kransduif met die slingervel bygekom, selfs ’n vet barber, geelvis of karp met ’n steek stok in die vlak kant water van die rivier, is alles voldoende protein. Dit word aangevul met bessies en veldplante.
Self, tot growwe meel gestampte mielies, is heerlike pap vir ontbyt.
En om tot op die hoogste krans te klouter en oor die vallei en die kronkelende Vaal rivier te kyk, dan sy oë tot rus te bring oor die gewoel en gewerskaf van die delwerende myners, het ’n onrustigheid oor hom gebring.
Sy dramatiese lewe was nie sosiaal vriendelik nie en twee dae na Kerneels se ongeluk, bereik die nuus vir Dirk en hy hou hom heel verbaas en selfs effe jammerhartig en verneem dat die nuut aangestelde mynkommissaris vinnig wetlike veiligheidsmaatreëls teen rotsstortings ingestel het en hy sal myn ongelukke baie streng hanteer.
Dirk wag lank genoeg vir dinge om te kalmeer na die ou wrede Kerneels se dood, voordat hy afstap na die kronkelende tweespoor-pad en koers kies na die opstal van ou oorlede Kerneels en om vir die eerste keer sy moeder in die oë gaan kyk.

Die weersien was dramaties en Dirk kon deur die grimering die laaste blou kol op ma se wang sien waar Kerneels haar bygekom het.
Die Vrederegter se beslissing was woord en wet: Ma is wettig getroud en sy erf sonder uitsondering alles wat ou Kerneels nagelaat het.
Ma is boervrou en kan sonder Dirk klaarkom en sy verstaan Dirk se redenasie:
“Moeder, ek glo pa se wil is dat ek aangaan en sy droom ontbloot – om daai ryk goudrif bloot te lê. Ek sal dikwels afkom vir voorraad maar ek moet daar bo bly.”
Dirk is tevrede; ma sal nooit weer sukkel nie. Sy gaan ’n voorman oor die mynery aanstel en die plaas met die bestaande werkers hanteer, maar ma is nie klaar nie en wil net weet :
“Dirk hier is baie jongmense en hier is mooi meisies . . . “
Maar Dirk sit sy vinger op haar lippe:
“Eers my taak ma, eers my taak.”
Hy weet egter, dit is nie die volle waarheid nie maar met nuwe voorraad en ekstra komberse op die perdekar, vat die getroue ou werker hom en draers weg en hy waai terug toe moeder floutjies haar hand lig en waai.

Aan die dikker wordende swart rif, ervaar Dirk die opgewonde dat sy pa reg was. Nie baie vêrder vorentoe wag die verrassing en Dirk maan homself tot kalmte en hy myn baie stadiger met meer sorg om nie krake en barste te veroorsaak wat ineenstortings kan meebring nie en hy spandeer meer tyd buite in die kranse om te kalmeer..
Reg voor sy tonnel se bek, terwyl hy na die woeste rivier wat hoogwater afkom weens reën hoër op kyk,  rol ‘n paar klippe skielik en stort oor die rant sodat hy moet uit die pad spring.
Dit is vreemd, hy het self alle moontlike los rots weg geskiet, daar kan niks meer wees nie en skielik staan sy nekhare regop. Euwels, goud rowers het saam met die delwers gekom en skuil op die berg in uitgewerkte tonnels. Hulle val delwers in hulle werksplekke aan om die dag se oes te roof.
Dirk is verdag daarop en het bokant en weerskante van sy tonnel sterk en afskuwelike draad strikke gespan. Die enigste toegang is met die voetpad op reguit. Hierdie klippe kom dus van baie hoër op. Hy besluit om meer waaksaam te wees . . .
En hy is reg, want effe hoër as die draad strikke, hou twee oë hom dop waar hy staan en vries doodstil want die geringste beweging sal hy sien.

Dirk is die volgende paar dae op sy hoede en drie dae later, wyl hy op sy gemak buite sit en sy laat ontbyt eet, kom hy die vreemde stilte agter. Geen voël geluide kom deur nie, net die werkers geluide van vêr onder by ander delwerye hoor hy.
Vir langer as ’n halfuur duur die stilte voordat voëlgeluide, eers versigtig en dan al hoe meer ontspanne deurkom. Sy voorgevoel is dat iemand hom dophou en hy sal ‘n plan moet maak.
Hierdie gebeure herhaal ritmies elke paar dae en elke keer net so in die voor oggend. Teen middag en later gebeur niks en hy besluit. Die volgende paar dae wag hy tot byna skemer en maak versigtig ’n klim roete links van die opening deur die digte bosse, netjies verby die strikke.
Hy is beslis: Die skelm wil nie kop uitsteek nie, dus sal hy maar deur die digte struikgewas na die skelm toe gaan. Dit was die laaste; daar was nooit weer tekens nie en Dirk se lewe gaan ongestoord voort.

Met sy besoeke tuis, word sy ma knaend. Sy het vir hom skoene en klere gekoop want die nuwe Predikant dring aan dat die veelbesproke bosbewoner op die berg moet afkom en Sondag in die Kerk wees.
Die Sondag wag die perdekar onder in die pad en die drywer is by sy tonnel en Dirk het geen keuse en stap teensinnig saam. Moeder is in ekstase, kry hom in die bad, maar van skeer en hare sny wil Dirk niks weet nie. Die skoene voel vreemd anders as die sterk leer tuisgemaakte sandale waaraan hy gewoont is, maar dit pas en al die oë draai en hande gaan skinder-manier na die monde en die jonge meisies staar onbeskaamd.

Deur die klein gemeenskap loop die vreeslikste stories van die bosman bo op die berg en die romantiek laat die hubare dames se harte vinniger klop.
Die gesig van die bebaarde reus met sy piepklein moeder half onder sy arm, laat hulle snak na hulle asem en een voorbarige meisiekind kom hand aan hand met haar pa nader vir die voorstelling. Dit was die reël, die dogter moet so vinnig moontlik na puberteit bereik is, man vat en dit was die pa se plig.
Aan die seun se kant is dit die ma se plig om te sorg dat die seun so vinnig moontlik stingel koors kry deur hom met meisies te laat sosiaal.
En toe kom al wat ’n meisie is aangestorm en Dirk weet nie waar om te vat en waar om te los en staan maar net lomp met mond vol tande terwyl moeder aan mekaar babbel van trots en spog.
In die kerk staan Dirk vas; heel agter wil hy sit en nie een ry nader nie en die meisies bly onbeskaamd omkyk-omkyk. Hy het opgelet; die meeste myners is arm, maar die meisies het almal iets aan die voete . . . almal op een na en sy is uitstaande met ’n bos wilde woeste bottergeel hare.
Sy is kaalvoet en het nie gestorm nie, maar stilweg eenkant langs haar ma gestaan en net af en toe geloer na Dirk se kant, maar dadelik weggekyk as hy sy oë na haar lig.

Dirk se ma, tannie Hettie het klaar geslaap. Sy is deesdae die ryk vooraanstaande-op haar plek-vrou en leier in die gemeenskap en sy het vir hierdie dag gereël vir koek en tee by die Kerk. Tannie Hettie is beslis; Dirk moet koers vat in sy lewe – die bos moet uit hom uit.
By die koek en tee na die ere diens kan Dirk die ophef nie vat nie en verskoon vinnig na die buite toilet en talm en loer na waar Bottterkop haar bevind. Vir hom is dit die passende naam maar helaas; haar ma staan alleen en op Dirk se vraag, antwoord sy uiters verskonend:
“Dirk, haar naam is Helena en sy is ’n wilde kind van die veld. Jy kan sien sy dra nie eers skoene nie. Haar Broer is arbeider hier en hy sorg maar vir ons.”

Daarna is Dirk ongeduldig en al keer sy ma, wil hy nou huis toe gaan:
“Ma, my plek is onbewaak ek vermoed ‘n roofaanval is naby. Ek gaan pa se geweer saamvat.”

Na die skiet Woensdag, kon Dirk sy oë nie glo nie. Toe die stof gaan lê en hy spat water uit die emmer in sy hand op die rots, lê die dikke swart goudrif duidelik en uitdagend reg voor sy oë.
Die goudrif is swart want dit is gemeng met silwer en ander edel metale en word in die reduksie proses gesuiwer en Dirk sak sy hoof en praat in dankbaarheid na Bo en sommer ook met sy pa:
“Pa, ek weet jy is hier, kyk pa, kyk; jy was reg.”

Dirk myn deur die week versigtig en bymekaar elke krieseltjie stof en versteek dit in sy spesiale plek en Saterdag besluit hy op swem in die rivier en hy is lus om vars vis huis toe te vat om sy fonds saam met moeder te vier.
Met die vis-steek-stok in die hand, drentel hy versigtig teen die kant se vlakwater langs, gereed om ’n weiende vis vas te pen. Die rivier maak hier ’n skerp elmboog en die kuil is heel privaat en Dirk besluit om sy jag uit te stel tot voor huis toe gaan en trek uit en duik in die skoon koel water in.
Hy is fiks en swem die breedte maklik deur en aan die oorkant draai hy om, om sy gereelde onder die water oefening in te kry.

Hy het nooit wal toe gekyk nie en was meeste van die tyd onder die water en halfpad na die oorkant gryp twee sterk hande hom vas, trek hom met krag na onder en die persoon klim sy rug om hom onder te hou en vir die eerste keer in sy lewe word Dirk benoud en bymekaar al sy krag en duik rol die diepte in om die persoon af te skud en kom na bo om asem te skep en die bos bottergeel hare verskyn bokant die water en hy kyk op een meter afstand binne in die blouste blou oë net bokant die waterlyn terwyl die goue hare om haar kop dryf, wat hy in sy lewe gesien het en sy is kwaad:
“Mannetjie, jy vat ’n geweer . . wil jy my vrek skiet . . !” En met die maak sy ’n rol duik en gryp hom onder water aan sy skoppende enkels en sy kake val oop in skokkende verbasing:
Met haar duikslag was haar kaal boude bokant die water . . .!
Dirk het nooit verstaan wat bedoel die vroumense met stingel koors nie.

Willie F van Tonder
2013/05/06



Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/dirk-slot
sneeuwolf

My naam is Willie van Tonder. Haar naam is Anita en ons is al 48 jaar saam. Sy het drie kinders in die wêreld gebring en is al 'n ouma grootjie.
Ek het geen akademiese opleiding of  nering nie, maar het wel aan Moederskoot die Bybel leer lees en ek kan ook optel en aftrek.
Ek swerf my lewe lank deur 'n idilliese droom wêreld en vir brood en melk, gebruik ek my hande.
Ek woon in Potchefstroom
Mense en hul dinge is my lewe - ook die grond en alles wat daaruit spruit.
Ek skryf gewoonlik in die eerste persoon omdat dit vir my maklik is.
My stories beeld slegs my drome uit en het geen betrekking op my werklike lewe nie.
Opdat alles wat op die Internet geplaas word, Universeel is en daarna aan die wêreld behoort, mag jy dus dit wat jy van waarde ag, aftrek en bewaar.
Indien jy dit in beter formaat op CD verlang vir beter druk en bind, kontak my net.

My E pos adres is: willievantonder@gmail.com
My telefoon nommer is: 082 536 5423 - ek reageer beter op 'n duidelike SMS.
Skype: snowwolf 9281.
YouTube bydraes URL : http://www.youtube.com/willievantonder

Of, makliker:
Gaan in op YouTube en tik net in:
willie van tonder

En geniet dit.
Verder, my skrywes  ;
Geniet dit wat ek opdis en blaai gerus weg indien dit jou nie pas nie.
 
Dit is my as skrywer se taak en strewe - om emosies op te wek.
Die leser moet emosioneel geraak word deur wat ek geskrywe het:
Jy mag maar lag, huil, kwaad word . . .
Jy mag maar woedend ook word.

Dan het ek geslaag as skrywer.



Totale stukke publiseer: 2,393
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 8,998