Op Woes.co.za onder Kortverhale

Een aand in Pniel by die partytjie.

Ek is wit en ek bly in Pniel. Mense vra my altyd hoe is dit om saam met die Kallits te bly? Hier is maar net een ware storie.

Twee weke terug was ek die Saterdagaand by die party in die Pniel. 'n Tannie word sestig en my vriendin se ek moet saamgaan. Ek is nie heeltemal lus nie. Hele dag vol mense gehad. Sy se: "Jy sal dit geniet." Ek stap saam met haar Santa Rosa singel toe. Daar aangekom is dit taamlik sedig en ek staan bietjie uit. Die tannie word gesondheid toegewens. Daar word gebid na die klein versie uit die Groot Boek. Die huis is propvol van mense van alle ouderdomme. Ek se dat ek gaan nie lank kan bly nie. Die een tannie se: Die manne is daar agter in die tv kamer. Ek stap soontoe en maak die deur oop. Die Klein Bokkies speel. Die manne groet beleefd. Een se: Gooi hom iets. Ek gaan sit. En so warm ons op jeens mekaar. Daar is Aidon alias Adda. Neville adias Pannie. Christopher alias Boetie. Absalom alias Appie. En Jeff met die ghitaar. Almal neefs met blou groen oe. Later vertel hulle dat hul Oupa was 'n Italiaanse krygsgevangene. En lus vir die locals voeg Appie by. Die manne is groot Bok supporters. En Jeff se: "Jy lag vinnig. Ek laaik." Ek gaan se vir Cecile wat afval maak, ek gaan bietjie langer bly. Sy smile en giggel. Later is twee ghitare uit. Ek sing baie later Stoksielalleen. Almal klap hande. Numbers van Sinatra, U2, Dean Martin, selfs Gert Vlok Nel word gesing. En die ding ruk. Ek was al by te veel parties. Oktoberfest, Vinexpo, Sydney se King's Cross en orals in die mooiste land van my. Maar geen een was so lekker soos die een nie. Aan die einde se Jeff: "Jy lag nie net makllk nie, jy laat mense maklik lag. Dankie. My vriend." En ek lag. En stap gelukkig deur Arcadia tot in Pine. Onder deur die bome. Met 'n smile langs my. 'n Groot een. Net voor se maar drie die oggend. En ek wens so my fb vriende was daar, veral sekeres. Het my meer as twee weke gevat om die fees te verduidelik.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/een-aand-in-pniel-by-die-partytjie
Francois Koegelenberg



Totale stukke publiseer: 8
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 3