Op Woes.co.za onder Kortverhale

Genade vir Johannes

Ek stap uit die houtvoordeur na die patio toe. Sien my ou vroutjie, Susan, sit en brei. Sy wieg heen en weer in die rystoel. Staar uit oor die droë mielieplaas.

Ek sug net hardop. En sien hoe draai Susan se kop. Ek word vierkantig, maar tog liefies in die oë gestaar. Ek besluit om terug te glimlag vir haar.

Maar sy bly net hakkel en steek; sy werk hard aan die tafeldoek voor Kersfees.

Ek loop na die boonste trap van die patio. Staar ook nou na die droogte van die landerye. Die werkers help plant aan die stuk grond. My stuk grond word geploeg van vroeg tot laat. Nou se dae is alles net te laat. Droogte het die mielies vernietig. Ondergronds. Daar is nie water om te oes die maand nie.

"Bring net die reën, my God, onse mense soek net die reën," vra ek vir die liewe Here, toe ek opkyk na die helder koningsblou lug.

Skielik hoor ek nie meer Susan se rystoel wieg nie. Ek draai blitsig om en staar na my vroutjie.

Sy staan langs my, lippe is gekraak van die droogte. Vel gerimpeld van die swaarkry plooitjes. Haar liggroen oë skiet vol trane. Sy staan met die hlafklaar gehiekelde tafeldoek. Sy vee angssweet weg en stap treurig af die trappe. Druk haar hand in myne.

Sy erken openlik: "Ek bid elke dag vir reën, Johannes. En toe gisteraand het ek 'n wonderlike droom gehad."

Ek frons moedeloos na my vroutjie. Sy is altyd vol genade, wanneer sy gedroom het.

"Oor wat nogals my vrou?" wil ek sommer dadelik weet, en vee ook nou warm, taierige sweet weg. Ek voel die hitte my gesig bak en brou soos 'n warm oond.

Ons is die son se roudeeg, wat verhit word elke dag. En Susan gluur my liefies aan. "Dat die reën gaan kom; die droogte sal vergaan... ons sal bly bestaan."

Verligting skiet deur my hele lyf. Susan is 'n fortuinverteller in Lichenburg. My vrou droom net, dan word alles waar. My vrou het weke laas vir my sulke goeie nuus gebring.

Nie lank nie. Verskyn wolke met 'n silwerrand in die blou lug. Dit word grys-wit en donderweer slaan oor Lichenburg.

"Hoera! Hoera!" skree ek vrolik, en baljaar in die reën. Saam is Susan en al die plaaswerkers. God het eindelik sy genade gebring. Hoera!
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/genade-vir-johannes-projek-droogte-2015-10-11-tot-2015-11-25
Everien

C.E. Pretorius (vryskudskrywer)

Ek het al geskryf vir Do It Now Magazine in 2014 (reisartikels), ook briewe vir Rekort Wes koerant. Gaan binnekort ook publiseer in Caravan and Outdoor Life magazine (reisartikel). Ek skryf gereeld fantasie en wetenskapfiksiekortverhale vir AfriFiksie se kompetisie. Het ook my eie webblad, genaamd fernowerf. fernowerfvirskrywers.simplesite.com. Daar gee ek goeie raad en wenke oor skryf en gratis goed om af te laai. Gaan loer gerus in!Jy is wie jy wil wees. So make the best out of life, because you only life ones!



Totale stukke publiseer: 57
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 28