Op Woes.co.za onder Kortverhale

JOHNNY GOUETAND

Sy growwe werkersvingers sukkel effe om die puntjie van die fyn rooi plastiek bandjie om die bo-kant van die pakkie Texan sigarette in die hande te kry. Sy duim en voorvinger naels vat dit net-net raak en Johnny trek dit in die rondte om die pakkie, en die dekseltjie van die deursigtige plastiek omhulsel om die pakkie sigarette, kom los.
Hy vrommel dit saam met die rooi bandjie op en gooi dit in die snippermandjie langs sy lessenaar. Dan vat hy weer sukkellend fyntjies en skeur die pakkie oop aan die bokant; net die klein stukkie waar die hoekie voutjies van die blinkpapier om die pakkie toe gegom is.
Diep nadenkend stryk hy die repie blinkpapier reguit oop op die lessenaar en stryk met sy growwe vinger al die voutjies mooi uit.
Net sy lippe beweeg: “Texan, die sigaret vir ‘n man.”
Dan vat hy die pakkie, hou sy anderhand se wysvinger styf en stamp die oopkant teen die stywe vinger en styf-styf skuif ’n paar sigarette se koppe uit die pakkie uit en Johnny trek een uit, bekyk dit en sit dit skuins aan die kant van sy mond tussen sy lippe, met die punt waarop die naam geskryf is, na buite. Texans word gerook van die geskryfde kant af. Niemand se reël nie, dit is dié reël.
Hy neem die pakkie vuurhoudjies, steek een brand en los dit sodat die swael eers klaar brand; dan met die brandende houtjie steek hy die sigaret aan die brand, trek ’n diep behaaglike teug, maak sy mond rond en puf-puf sirkels rook reguit na Gert toe waar hy oorkant die lessenaar sit en in stilte die hele ritueel aanstaar.
Met sy een oog toegeknyp, kyk Johnny op, reguit in Gert se oë. Gert is ongemaklik; Johnny is niemand se vriend nie maar Johnny help mense wat moeilikheid het. Hy sien Johnny se kleredrag; die moulose swart kameelvel baadjie, die bloedrooi hemp met wyd-oop kraag, die swaar suiwer goud ketting om sy nek en die giet-swart hare, agteroor gekam en in lang poniestert agter sy kop vasgebind. Die uitstaande kenmerk en wat Johnny die graagste vertoon met sy ewige vriendelike glimlagte is die goud geplateerde regter voortand. Dit was sy naam; Johnny Gouetand.
Johnny Sardinha, die baster Afrikaanse Italianer met sy bloedrooikop en rooi Ferrarie Italiaanse langbeen vrou wat die dorp se manne se koppe laat draai.
Johnny is die eienaar van die bo-baas Ingenieurs maatskappy van die dorp. Met sy hande as vaardige ambagsman het hy die ryk opgebou en het vandag baie mense in sy diens. Gert is die eienaar van ’n redelike groot elektriese kontrakteur besigheid en hy doen ook Johnny se elektriese dinge maar hy het moeilikheid; die myne betaal eers 90 dae na fakturering en as jy nie mooi begroot nie, kan jou besigheid swaar kry. Gert het te groot gehap en kort bedryfskapitaal. Sy bankrekening is op lemiet en hy benodig nog fondse.

Johnny handhaaf sy oorlede pa se raad: “Jy gebruik nooit jou eie geld in besigheid nie, gebruik ander mense se geld.”
Sy Vader het hom oortuig: “Die Amerikaners het op die Maan geland met die goedkoopste van drie tenders. Harry Oppenheimer het die land se goud opgedelf sonder een sent van sy geld – alles uit die goedkoopste van drie tenders.”
Johnny kyk na Gert en in sy gedagtes weet hy; Gert het nie geleer om met geld te werk nie en Gert sal ook nooit regkom nie. Hy besluit om Gert se finansiële lyding te verlig en druk die Interkom se knoppie.
Die kantoordeur gaan oop en Johnny se persoonlik assistente kom in. Gert skuif ongemaklik en kyk liewer af grond se kant toe maar kan nie help nie, want tot haar reukwater bedwelm die kantoorlug. Sy het bene tot onder haar oorlobbe met die groot ronde goue oorbelle aan. Die visnet kouse se swart bo-randsteek amper onder die tekort rompie uit en die byna deursigtige bloes ontplof rond uit onder die drukking van die twee deinende borste.
“Lindie, bring die lenings dokumente asseblief.”
Toe wend hy hom tot Gert: “Ek het na jou skrywe gekyk en die somme bevestig. Ek sal jou geld voorskiet en dan kans gee totdat die eerste betalings van die myne inkom. Die paaiement sal Lindie vir jou gee wanneer jy teken en jou betaaldag se datum is vas. Dit is op die eerste van die maand en jy moet stiptelik daarby bly.”
Gert verstaan oorkomste mooi en weet van die implikasies by die nie nakoming van ooreenkomste.
Lindie kom in met die ingevulde dokumente en saam met haar is twee van Johnny se voormanne wat as getuies teken.
Lindie staan styf teen Johnny terwyl sy die dokumente vir Gert aangee om te teken en die voormanne teken as getuie en Gert merk op dat Johnnie se een hand permanent onder Lindie se amper rompie in is en daar onder aan haar lyf rondwoel en Gert wonder of Johnny se eie langbeen vrou weet van hierdie kaskenades van haar man.
Gert is te bly en hoor nie eers alles wat Lindie sorgvuldig verduidelik nie; inteendeel, hy is ‘n baie goeie ambagsman maar baie dom sakeman en nog boonop heel opgewen oor die sien en ervaar en dink aan Johnny se voorbarige onbeskaamde vattery aan Lindie se liggaam.
Met die administratiewe proses afgehandel, verskoon Johnny die voormanne, draai sy stoel en sluit die kluis agter hom teen die muur oop. Gert se asem slaan weg by die sien van die stapels banknote terwyl Lindie aftel en Johnny stilswyend toe kyk, met sy een hand die sigaret hanteer, ’n diep trek intrek en sirkels na Gert toe blaas en die ander hand woel onder Lindie se skamele rompie.
Lindie steek die hoop note in ’n banksak en oorhandig dit aan Gert. Gert steek sy hand uit na Johnny wat nie opstaan nie en is dankbaar : “Dankie, oom Johnny, ek betaal stiptelik vanaf die eerste Augustes.”
Hy haas hom uit die kantoor en Lindie liasseer die getekende dokumente netjies by die ander leners se leërs onder in die kluis.
“Lindie, haal daardie Piet Visagie se dokumente uit en vat dit na Riaan toe. Hy moet so vinnig moontlik die verbande registreer. Die Visagie is nou drie maande agter, ek moet hom maar straf.” En Johnny steek sy volgende Texan aan.

Die Ingenieurs besigheid is net Johnny se front. Eintlik is hy ‘n geldskieter; hy leen geld uit teen verbande, los die lener tot diep in die moeilikheid, vat sy besigheid oor en stroop die besigheid. Johnny se prokureer, Riaan vorder alle uitstaande gelde in, verkoop die beste bates en verklaar die plek bankrot.
As bankrot saak, keer hy net enkele sente in die Rand uit aan krediteure, en die arme lener sit kaalbas sonder huis of haard. Dit is stroping en is ‘n erkende besigheid norm.

Gert haas hom huis toe en saam met sy Aletta sluit hulle die geld in die kluis en bepraat oor hoe oordeelkundig hulle met dit sal werk. Hulle hou ’n rukkie by hulle voorneme maar die koue Winter en die verleiding van die romantiese bootvaart advertensies na die tropiese eilande word onweerstaanbaar en toe die eerste Augustes aanbreek, het Gert nie die geld om die eerste paaiement te betaal nie. Hy is egter nie baie bekommerd nie, want oom Johnny sal verstaan.
Vrydagaand met die kuier in die bekende kroeg hoor Gert van Piet Visagie se ramp.
Piet is wel oposisie maar hulle is nie vyande nie. Die Myne het genoeg werk vir almal maar Johnny het vir Piet te veel skiet gegee en toe soos blits het Johnny Gouetand se Prokureer toegeslaan en is arme Piet Visagie se huis, besigheid en alles , oorgeneem en uitverkoop en toegemaak.
Piet is smoordronk in sy verdriet en pleit dat hy nie geweet het wat hy alles teken nie. Die onbetaamlike langbeen vrou en Johnny se vieslik vattende hand krap enige man se aandag deurmekaar.

Onder die manne in die kroeg kom dit toe duidelik uit hoeveel arme leners die Johnny Gouetand al uitgeroei het. Gert kom uit die harde lewe uit en iets in sy agterkop plaas hom op sy hoede. Die Maandagoggend skrik hy toe sy kantoordame hom inlig dat Johnny hom al van vroegoggend af soek. Hy versoek haar om hom op die lyn te kry en gaan sit en sy brein werk oortyd aan planne.
Johnny is egter baie vriendelik en vra dat Gert gou oor moet kom, daar is ’n werkie vir hom. Johnny vat hom aan die arm en terwyl die sigaret skuins uit sy mondhoek hang, wys hy vir Gert die nuwe aanbouing direk uit sy kantoor. Die gerieflikste luukse ontspannings kamer met snooker tafel, grootskerm TV en uitskop lêbanke en leunstoele: “ Die pype is klaar in die mure Gertjie ek soek beligting in sexy rooi en half skemer. Onthou ook die sekuriteit kameras.”

Gert beloof spoedige flukse diens en haal vrylik asem omdat Johnny niks praat van die uitstaande paaiement nie. Gert is onnosel met die werking van Rand en sent maar het die besigheid opgebou uit sy vermoeë om ’n plan te maak en besluit om sy geluk nog beter te rek: “Oom Johnny, gee vir my so ’n klein voorskot dan loop koop ek dadelik al die goed en kom doen die werk self, ek is binne twee dae klaar met alles.”
Gert sien sommer Johnny is haastig want hy vat die sleutels van die lessenaar af, sluit die kluis oop en tel vir Gert ‘n klomp note af. Gert sluk swaar aan wat hy in die kluis sien en sy vinnige oog vang ook die leërs onder in die kluis.

Lindie kom in vanuit haar kantoor en Johnny se arm gly om haar dun middeltjie en die twee stap die ontspan kamer binne en Gert sien die hups in haar twee boudjies wat styf onder die niks rompie vertoon en soos twee katte in ’n sak heen-en-weer- mik-mik en die ambagsman adrenalin pomp deur Gert se veriele kliere. Sonder skroom kom die planmaker in sy kop in werking en sy wrewel teen die genadelose man laat hom wens om onsigbaar te word en in hulle kapperjolle op daai luukse lêbanke wil hy ’n probe in haar agterwêreld steek en die krag aanskakel en sodra Gouetand insit moet hy die skok van sy lewe kry sodat die geel van sy eiers teen die plafon afdrup .
Maar die planmaker kom tussenbeide en die slu in Gert werk sy plan mooi uit. Hy vertrek dorp toe, koop wat hy benodig en stop by sy besigheid en laai die werk bakkie met al die gereedskap, kry twee arbeiders en stap sommer in by Johnnie se kantoor. Terwyl die arbeiders die gereedskap en alles na binne dra, kom Lindie uit die ontspankamer se badkamer, trek-trek aan haar amper rompie en skuur verby Gert na haar kantoor toe.
Gert kan nie verhelp dat sy skerp oë merk dat haar beeldskoon oorlog verf effe beskadig is en die kringe onder die Grandpa en Tik gekleurde ooglede deurskemer.
Gert sien deur die venster wat na die binnekant van die werkswinkel kyk dat Johnny in diepe gesprek met ’n groep van sy ambagsmanne is. Hy gaan Johnny se kantoor binne, gee vir die arbeiders hulle opdragte in die ontspankamer, gaan terug na Johnny se kantoor en sien deur die venster Johnny in sy vergadering in die werkswinkel en Gert druk Johnny se kantoordeur toe.

Net na ete die volgende dag roep Gert vir Johnny nader en is trots op Johnny se goedkeuring van die werk en om die cherrie op die koek te sit vat hy Johnny se skootrekenaar en wys hom hoe kan hy by sy huis die kameras kan beheer en rondkyk wat alles hier in die kompleks aangaan .

Gert laat die waters rustig word en wag tot net voor die eerste September – betaal tyd van die tweede paaiement. Hy het vir Aletta mooi gemotiveer en sy en die res van die Industriële gebied se sakemanne nyweraars se vroue het dit mooi gereël.
Uit dankbaarheid vir Johnny Gouetand se welwillende goedertierendheid, gee hulle vir sy langbeen giftge Italiaanse rooikop Adelina , ‘n ma se partytjie.
Johnny is ontsettend dankbaar dat hy vir Adelina kan bewys sy lang aande by die werk is suiwer ten bate van sy onselfsugtige bydrae tot die goedgaan van die sukkelendes.

En Adelina word soos ’n Godin deur die Afrikaanse vroue onthaal.
En toe beide Adelina en Johnny se partytjies op die piek is, sluip ’n figuur stil-stil hondmak Johnny se ongesluite kantoor binne .
Adelina is hoog opgevrywe en toe almal teen laataand effe lighoofdig is, trek Aletta al die vroue in ’n kring bymekaar en haal Gert se skootrekenaar uit om vir Adelina ’n mooi romantiese fliek te wys sodat sy in die stemming kan wees as Gouetand Johnny middernag huis toe kom.

Die asems snak en die vrouestemme skree skril en Adelina moet ondersteun word toe die kameras naby tonele afneem van die rolspelers wat niemand anders is as beide kaalgat Gouetand en langbeen Lindie nie.

Die volgende dag het Hoofinspekteur Julius Molefe as ervare speurder self gegril met die aanskou van die bebloede kaal liggame en die rooikopvrou wat op ’n hopie in die hoek van die kantoor sit met die slagmes steeds in haar hand geklem.

Die aand hou Gert en Aletta en hulle twee kinders ’n tuisbraai en na die braai gaan haal Gert dit agter sy bakkie se stoel uit en op die smeulende kole verbrand hy een vir een die leërs onder uit Johnny se kluis en terug in die huis bring hy sy kos sak en dop dit op die bed om: “ Hierdie hopie gee jy vir Piet Visagie se vrou. Dit is genoeg vir ’n nuwe begin en die res hou jy veilig. Ons begin ’n nuwe besigheid.”

Willie F van Tonder
2012/08/15



Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/johnny-gouetand
sneeuwolf

My naam is Willie van Tonder. Haar naam is Anita en ons is al 48 jaar saam. Sy het drie kinders in die wêreld gebring en is al 'n ouma grootjie.
Ek het geen akademiese opleiding of  nering nie, maar het wel aan Moederskoot die Bybel leer lees en ek kan ook optel en aftrek.
Ek swerf my lewe lank deur 'n idilliese droom wêreld en vir brood en melk, gebruik ek my hande.
Ek woon in Potchefstroom
Mense en hul dinge is my lewe - ook die grond en alles wat daaruit spruit.
Ek skryf gewoonlik in die eerste persoon omdat dit vir my maklik is.
My stories beeld slegs my drome uit en het geen betrekking op my werklike lewe nie.
Opdat alles wat op die Internet geplaas word, Universeel is en daarna aan die wêreld behoort, mag jy dus dit wat jy van waarde ag, aftrek en bewaar.
Indien jy dit in beter formaat op CD verlang vir beter druk en bind, kontak my net.

My E pos adres is: willievantonder@gmail.com
My telefoon nommer is: 082 536 5423 - ek reageer beter op 'n duidelike SMS.
Skype: snowwolf 9281.
YouTube bydraes URL : http://www.youtube.com/willievantonder

Of, makliker:
Gaan in op YouTube en tik net in:
willie van tonder

En geniet dit.
Verder, my skrywes  ;
Geniet dit wat ek opdis en blaai gerus weg indien dit jou nie pas nie.
 
Dit is my as skrywer se taak en strewe - om emosies op te wek.
Die leser moet emosioneel geraak word deur wat ek geskrywe het:
Jy mag maar lag, huil, kwaad word . . .
Jy mag maar woedend ook word.

Dan het ek geslaag as skrywer.



Totale stukke publiseer: 2,393
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 8,998