Op Woes.co.za onder Kortverhale

Josef en Issabel

Issabel is ‘n mooi vrou wat enige man om haar pinkie kan draai. Vanaf die tuin balkon loer sy egter gefrustreerd na waar Josef besig is om instruksies uit te deel aan ‘n paar slawe. Hy beweeg deur die huis en doen sy take om Potifar se huishouding te bestuur. Issabel bewonder Josef heimlik, want hy is dinamies, frisgebou en mooi, in teenstelling met haar man Potifar, wat oorgewig en bles is. Josef sien haar egter nie raak in daardie hoedanigheid nie; vir hom is sy net sy baas se vrou en as sulks bedien hy haar en voer haar instruksies uit.
“Mevrou, dit is heerlik koel hier op die stoep, kan ek die kelner stuur om vir u iets te ete en te drink te bedien?” Vra Josef en hy staan eerbiedig ‘n entjie weg.
”Asseblief Josef, ek sterf al van die dors. Dit is lekker stil en privaat hier op die stoep, Potifar is weg vir ‘n paar dae; ek verlang na intieme geselskap; kom lê hier by my dan geniet ons mekaar se nabyheid.” Antwoord Issabel hom met ‘n soetsappige, maar ook selfversekerde stem en sy maak haar rok oop en ontbloot haar liggaam aan Josef.
Josef skrik half, “Mevrou, u man het my aangestel oor sy hele huishouding, hy bekommer hom oor niks nie, alles is onder my sorg. Daar is niemand wat in hierdie huis meer gesag as ek het nie en Meneer het niks van my teruggehou nie; behalwe vir u Mevrou, want u is sy vrou en hy is baie lief vir u. Dit sal ook owerspel wees as ek by u gaan lê en hoe kan u van my verwag om so ‘n verkeerde ding te doen? Ek sal mos teen God sondig. Verskoon my asseblief Mevrou” Josef buig en stap weg.
Issabel lag hardop, “Jy is oulik as jy so kuis is. Onthou net dat ek net iets vir Potifar hoef te fluister, dan jaag hy jou weg. Kom, moenie bang wees nie, Potifar sal nooit weet nie en jou God kom nie in ons huis nie, hy sal ook nooit weet nie!” Praat sy agter Josef aan, maar hy stap weg en gaan voort met sy werk.
Elke dag dring sy haarself op aan hom, maar hy bly haar teenstaan en ontwyk haar. Eendag is hulle egter alleen in die huis. Josef is ingedagte besig in in een van die woonkamers. Issabel kom skielik in; sy is slegs geklee in ‘n deurskynende gewaad. Sy gryp Josef om die lyf vas en sê: “Josef, ons is heeltemal alleen in die huis, ek begeer om saam met jou te verkeer. Kom lê saam met my op die bed en liefkoos my,” sy trek hom in die rigting van die bed.
Josef is verslae; haar liggaamsgeur en naakte naakte liggaam benewel hom. Hy besef egter dat dinge besig is om hand uit te ruk en hy steek vas, “Nee, nee Mevrou los my, ons kan nie, ons mag nie!” Hy beur terug en sy trek. Hy slaag daarin om los te ruk van haar greep, maar in die proses skeur sy ‘n stuk van sy bokleed af en staan teleurgesteld daarmee in haar hand, terwyl Josef vinnig weghardloop na buite toe.
Issabel voel verneder, maar ook skaam: “Ek kan nie meer saam met Josef in dieselfde huis verkeer nie, ek sal Potifar vra om hom weg te jaag.” Dink sy. Sy roep haar slavinne en wys hulle die stuk van Josef se kleed, “Kyk, Josef het my probeer verkrag, hy wou my verneder, maar ek het hard geskree toe hardloop hy weg!”
Toe Potifar terugkeer huistoe, het Issabel vir hom gejok oor Josef, en aangedring dat hy haar wou verkrag. Potifar was woedend en het die koninklike wagte geroep en hulle beveel om Josef in die tronk te werp. Issabel het vermakerig daar naby gestaan toe die wagte Josef weg neem.
“Totsiens Meneer, totsiens Mevrou,” groet hy beleefd as hy wegstap.
Dit lyk vir Potifar of Issabel trane in haar oë het as sy vinnig wegstap. Hy skud sy kop asof hy weet. “Dit is maar beter dat Josef weg is,” dink hy en hy stap in die huis in.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/josef-en-issabel
Oupit

Henry Norris (65) Skryf poësie (Mal oor sonnette) en kort kort verhale(A4). Ek het al my kop gebreek om uit te pluis waarom enige mens op aarde R50000 vir 'n renoster horing sal betaal.



Totale stukke publiseer: 13
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 7