Op Woes.co.za onder Kortverhale

Soos dit hoort, deel 17

“Liefde is kwesbaar en moet beskerm word,” verklaar Tania beslis. “Ek gaan nie toelaat dat enige iets of iemand, veral nie my ouers, tussen my en Tian kom nie!” sy plak haar sleutels vererg neer op Lorette se kombuistoonbank. “En nou?” vra Lorette bekommerd. Tania sug voordat sy omstap en om een van die rusbanke neerplons. “My ouers, soos jy kan raai is nie beïndruk dat die verlowing gebreek is nie en ook nie met die feit dat ek Marko verruil het vir Tian nie. Het ek die een vir die ander verruil?” eindig sy haar relaas ietwat onseker. “Mens kan seker so sê ja, maar,” keer sy vinnig toe Tania haar in die rede wil val,” jy speel nie met hulle gevoelens nie. Dit het nie gewerk tussen jou en Marko nie, maar dit doen tussen jou e Tian. Ek het jou nog nooit so gelukkig gesien nie. Heel goed ook as die man jou wil wegvoer na ’n tropiese eiland toe!” Lorette kry ’n dromerige uitdrukking op haar pikante gesiggie. Die skoenlappers fladder opnuut in Tania se hart en maag. Tian het haar die vorige aand vertel waarheen hy haar vat vir vakansie. En dit was met groot opgewondenheid wat sy na haar ouerhuis toe gegaan het om die nuus met haar ma te deel. Sy moet geweet het dat sy nog nie vergewe is vir die verbreekte verlowing nie. Haar ma het haar van vooraf verwyt oor al die moeite wat verniet was, al die troureëlings waarmee al begin is en net so weer gekanselleer moes word. Die vonke het behoorlik gespat toe sy die vakansie na Zanzibar noem. Sy’s uitgeskel vir ’n flerrie wat tussen ouens rond flenter en op wonderlike ouens soos Marko se gevoelens te speel. Tania is in trane daar weg en het kom troos soek by Lorette. En troos hê sy gevind, soos net ’n beste vriendin dit kan doen.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/kortverhaal/soos-dit-hoort-deel-17
Cari

Ek skryf hoe ek voel en as ek niks voel nie, kan ek niks skryf nie. Woorde beteken ongelooflik baie vir my, in liedjies, in gedigte, enige plek, dit knoop vas in my siel. Dit maak my wie ek is. Sonder skryf voel ek leeg.

"Woorde raak verlore in die wind as dit nie neergeskryf word nie."

Woorde kul en bedrieg en dit maak seer. Maar net so seer soos dit kan maak, so heel en mooi kan dit ook maak. Dit kan jou hart laat bons van lekkerkry, dit laat smelt soos spookasem in die mond. Iets wat mooi gese is, is niks anders as mooi nie. Woorde leer, dit vorm saam iets groters. Woorde en dade loop hand aan hand, want as ek iets se, bedoel ek dit, sal ek dit doen. My woorde is beloftes...



Totale stukke publiseer: 33
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 12