Op Woes.co.za onder Musiek & Lirieke

liefdeslied

ek staar in jou oë
sien ons liefde vir mekaar
ek staar in jou oë
voel Sy warm omhelsing
God se liefde

ons is familie saamgevoeg deur Sy liefde
ons is familie saamgebind deur Sy liefde

twee duisend jaar gelede
het God sy Seun gegee
omdat Hy ons liefhet
Jesus gee Sy lewe
betaal vir ons die prys
omdat Hy ons liefhet
Hy’t opgestaan uit die dood
sy Heilige Gees gelos
omdat Hy ons liefhet
ons het die oorwinning
Hy’t ons vrygekoop
omdat Hy ons liefhet

ons is familie saamgebind deur Sy liefde
ons is familie saamgevoeg deur Sy liefde

ek staar in jou oë
voel Sy warm omhelsing
ek staar in jou oë
sien ons liefde vir mekaar
God se liefde

@ D.H. Pienaar, geregistreer by SAMRO

(Ek laai my Engelse weergawe op WOES!)
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/liriek/102430-liefdeslied
Hercules

Ek en my mooiste mooi het baie draaie geloop in die laaste 2 jaar: Mamparaland, Lesotho, Noord-Kaap en Vrystaat, maar nou's ons weer terug in Gautengeleng.....

Jul kan asb. my werke vrylik gebruik, (skakel my by (072) 887-3339 of dhp333@gmail.com ), maar as jy wil verkoop, behou ek kopiereg 
(© D.H. Pienaar) op al my werke en al my liedjies is by SAMRO geregistreer.



Totale stukke publiseer: 126
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 544