Op Woes.co.za onder Musiek & Lirieke

dankie



(aan niemand in besonder)

As ek voel soos nou
nog so koud en rou
my siel se trane wat net
drup drup drup

onthou ek van jou
met jou kalmte van gees
kan ek amper amper amper
weer voel
die
vuur in my gees

hoe dit wil wil wil
begin smeul
soos jy ook
wakkermaak
my gewillige vlees

as my trane wil
val val val
op jou skoot
of jou skouer

veg jou aura van rustigheid
met die hartseer demone
in my siel wat aan my bly
ruk ruk ruk

al weet ek jy gaan deur
jou eie stille private hel
voel ek skaam soos pubis been
en bang bang bang

ek dreineer
my enigste bron wat
kan offer aan my
wat ander van my vat
asof ek hul brandoffer is

en wie sal my dan herinner aan
die stille geluksaligheid van
voelsang
die gevoel van sagte blare
op my wang die wit branders
wat

klots klots klots
soos warm borrels
wat my hare nat en klewerig
siellerus gee

en as niks anders werk
dink ek aan die innerlikke
sterkte wat ek voel as
jy net aan my raak

jou rustige siel
is
soos kammomille
op my brandnetel seer



MOENIE die titel en jou naam hier invoeg nie. Dit word outomaties bo aan bygevoeg.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/liriek/163917-dankie
Lizelle Wassweman

n vriendin het eendag in biologie klas gedigte geskryf en ewe skielik het n gloeilampie aangekom! Voor dit het ek net my gunsteling digters van veraf bewonder nooit gedink dat ek ook kan dig nie, alhoewel ek al gedagtes skryf vandat ek kon lees. Om te skryf en skilder is my beste uitlaatkleppe en my vriende weet dat as ek ewe skiellik pen en papier gryp hulle tjoepstil moet wag. My pen skryf vanself en baie keer lees ek dit agterna en dink haai het ek dit gesrkryf? was nog altyd baie lief vir ons pragtige beskrywende taal. Ek skilder ook en implimenteer baie keer my gedigte met my skilderye. Hoe meer my hart gemartel word hoe beter skryf en skilder ek. gelukkig is ek n bly by die huis direkteur so het so af en toe n tydjie vir my kreatiwityd.



Totale stukke publiseer: 17
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 11