Op Woes.co.za onder Musiek & Lirieke

in die kake van Saal A (stem en woorde: Tertius Fourie, musiek: Shadowghost).


muskiete hou my wakker
die nagstaf sit iewers ver
van hier en kakpraat
ek dwaal in koue
godverlate gange

op en af

ek het kamtig baie vriende
maar niemand gee werklik om nie
badkamers word dig gesluit
ek kan nie eers gaan rook nie

iets loop agter my
’n krieweling van dekades gelede se
psigologiese fokop
die skokgolwe nog vars
in die lug

ek draai my kop en sien
hoe sy haarself
ophang

die volgende dag praat ons
oor musiek




© T. Fourie
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/liriek/in-die-kake-van-saal-a-stem-en-woorde-tertius-fourie-musiek-shadowghost
shadowghost


http://www.writing.com/main/portfolio/view/allofmind

https://soundcloud.com/allofmind

© kopiereg op al my bydraes (sommige fotos uitgesluit)



Totale stukke publiseer: 24
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 59