Op Woes.co.za onder Musiek & Lirieke

P U R P E R W I N D E (Musiekverwerking: Daar by die molen)


Die windjie speel wegkruipertjie, deur die purperwinde
Hy streel haar mond en fluister skor, o my hartsbeminde
Kus vlugtig die skame blos van haar sagte wang
Voor hy haar tere liefdespand bakhande vasvang


Refrein:

Waai, waai, waai, waai, windjie waai en streel
Waai, waai, waai, waai, of het ek my verbeel
Waai, waai, waai, waai, waai so sag oor my
Bring jou koeltes en jou reen en kom seen my (x2)



Open saggies vir my jou sluimerend purper knop
En laat my voel en luister hoe jou hart sag klop
Sielsbeminde wil jy 'n geheimpie weet
My asem hunker so daarna om jou skoonheid te meet

Vlinderkind, my Windekind, rank om my wese
Vlinderkind, my Windekind, koester my bestaan
Verspei jou geur en vul die lee holtes binne my
Sing jou lied en kompas my ewig kom en gaan
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/liriek/p-u-r-p-e-r-w-i-n-d-e-musiekverwerking-daar-by-die-molen
Karmenaadjie

My grootste liefde is Bybelstudieprojekte.  Verder skryf ek graag,  Lirieke en toonsettings, gedigte rubrieke en Musiekspele.  Ander liefdes: Skets en skilder.

My naam, Elizabeth, beteken "Dogter van God"  Dit is my elke dag strewe, om juis dit te wees.  Op my oudag het ek teologie studeer en 2011 graad gekry.  Bedien tans by Aretha, 'n huis vir pensioenarisse en gestremdes.

Taal en musiek het geen einde nie! 

Taal en klank was van die begin af daar.  Toe God in die begin gepraat het, het woorde en klank die stilte deurklief.  Van toe af sweef woorde en klank in die ruimte rond tot in ewigheid.

Om te dink, net 26 letters gee vir ons 'n Afrikaanse woordeskat van meer as 30,000 woorde.  Net 8 solfatone gee vir ons 'n musiekskat van duisende melodiee.  Elke dag word nuwe woorde en komposisies geskep waarin ek deel.  Dit maak my opgewonde.  God is Almagtig-kreatief en Hy het my ook kreatief gemaak. Hoe kan ek stilbly as die hele skepping juig.  Soos die klippe sal ek uitroep!

Al my werk, hetsy lirieke, komposisies of musiekspele is oorspronklik en behou ek die kopiereg daarop.



Totale stukke publiseer: 488
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 2,842