Op Woes.co.za onder Musiek & Lirieke

Vat ‘n KitKat

(consignment liriek vir 'n sanger 1 Augustus 2010)

wipplank ry die tyd verby
holderstebolder
en bult afgly
mallemeule bloots gery
kom by stopstraat, ry verby
nie tyd vir wag nie
ja, glo vir my
moet die week net heel wegkry
Hoor my
Vat ‘n KitKat

het jy al ooit so gejaag
dat die dae heel vervaag
niks meer saakmaak
Maandag heeldag lank en traag
Vrydag vinnig opgedaag
nie tyd vir lag nie
ja, glo vir my
moet die tyd net heel wegkry
Hoor my
Vat ‘n KitKat

Chorus:
Maar as jy opkyk
en jy stilraak
en jy toelaat
dat jy glimlag
smelt Sy liefde
soos ‘n lagie
om jou lewe
en as jy toelaat
dat Hy oorneem
en jou hand vat
jy nie swaarkry
is die glimlag
soos vakansie
in jou lewe

as jy net tot rus kan kom
die stuurwiel oorgee
sou jy verstom
dag vir dag gee jy weer om
gee jou alles net vir Hom
en almal wonder
ja, glo vir my
want jou glimlag is van lekkerkry
Hoor my
Hy’s jou KitKat

Chorus
Want as jy opkyk
en jy stilraak
en jy toelaat
dat jy glimlag
smelt Sy liefde
soos ‘n lagie
om jou lewe
en as jy toelaat
dat Hy oorneem
en jou hand vat
jy nie swaarkry
is die glimlag
soos vakansie
in jou lewe


© Delene de Wet


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/liriek/vat-n-kitkat
Delene de Wet

KOPIEREG VOORBEHOU  -   SAMRO REGISTREERD
website:  http://delenedewet.webs.com

Jongste dogter van  Danie van Eeden en ek het destyds hier op Woes en Mabooki onder sy voornaam begin skryf uit dankbaarheid vir al die wonderlike dinge wat hy my in die lewe geleer het.  En as ek musiek tot in my are kan voel bruis, dan is ek bly dat hy my geleer het om die spesiale dinge in die lewe te geniet tot in my murg

Humor, kritiese uitkyk en vrae vra, en ja, ek is lief vir giggel vir ons lawwe menswees. Gekompliseerd, eenvoudig, diep, vlak, vol grille en baie gille van beide lekkerkry en seerkry...al die fassette van die lewe, want dis wat ons mens maak. Ek pes onprofessionele diens, raak gewip as mense mekaar seermaak en gebruik, is lief vir diere met 'n passie, ek leen myself uit om ander te help (soms tot my ondergang) en loop eerder brandarmkaal sodat ek iemand daarbuite kan help. My lyf speel nie altyd saam nie, want die arme ding het toe mos in 'n toolbox verander. Mal oor skryf oor wat ek om my sien en is altyd die voorbok vir 'n storie vertel..solank iemand daarbuite net 'n glimlaggie kan kry.

Lees my goedjies gerus en gooi vir my jul kommentare, ek is mal daaroor. Vertel my waar ek kan verbeter of vertel my sommer waar jy met my saamstem. Moet my nie te ernstig opvat nie, ek glo dat ons soms 'n bietjie ligsinnig moet wees om deur die einas te kom. Dankie vir almal se belangstelling.

Met my boek se verkope gaan dit wonderlik en sy trek al so ver as Suid-Korea, Australië, New Zealand, Engeland, Switserland, België, en oraloor in onse eie land. Dankie vir al jul wonderlike ondersteuning. Die toer deur Bloemfontein en Henley on Klip was 'n reuse sukses en ek bedank my gashere uit die diepte van my hart.  Ja, en toe het Ontbytsake my verras met 'n insetsel op Ontbytsake op Vrouedag!

Titel: Tong in die kies (boek). R100 PLUS posgeld en verpakking. Die audio boek word ook nou verprei teen R150.  Jip, ek lees dit self en dit is beskikbaar in verskillende formate - mp3, hifi set.  Jy kan nou in jou kar luister of sommer laataand in jou bed.

 As jy wil dit wil bekom, laat my asb weet  na delenedewet@live.co.za

Delene DeWet

(gaan loer bietjie na my werk op www.Mabooki.com)

 



Totale stukke publiseer: 432
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 1,392