Op Woes.co.za onder Resensies

BROKEBACK MOUNTAIN

Regisseur Ang Lee betree hier 'n baie kontroversiële onderwerp en benader dit met groot sensitiwiteit. Daar sal sekerlik 'n geween en gekners van tande uit verskeie voorspelbare oorde opduik, maar Brokeback Mountain is een van die beste voorbeelde van dit wat die samelewing as verbode beskou en die absolute verwoesting wat daardeur gesaai word. 

 

 

 

Ennis del Mar (Heath Ledger) en Jack Twist (Jake Gyllenhaal) ontmoet op 'n plaas in 1963 waar beide werksaam is. Die twee raak verlief en weet dat dit taboe is. Al twee probeer voortgaan met "normale" lewens. Al twee trou, maar gaan voort om mekaar heimlik deur die jare te sien. Hulle gevoel vir mekaar verwoes later meer as net een lewe. 

 

 

 

Reeds met verskeie toekennings bekroon, en ook benoem vir die meeste Oscar-toekennings hierdie jaar, moet ek egter sê dat die fliek eintlik baie langdradig is en is ek van mening dat dit slegs vir al die toekennings benoem is omdat dié spesifieke onderwerp nog nooit só uitgebeeld is nie, en nie omdat die fliek regtig so goed is nie.

 


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/resensiestuk/brokeback-mountain
Geraldine Paulsen

Ek het vir 20 jaar die Warrior koerant vir die swart soldate in die SA Leër behartig. Gedurende hierdie tyd het ek met fliek resensies begin. Deesdae werk ek as media-skakelbeampte by 'n volksikoon. Ek hou van groot mans, groot perde, groot honde en veghelikopters. Nie noodwendig in dieselfde orde nie. Ek is mal oor lees en het 'n groot versameling boeke oor die Vietnam oorlog wat my om een of ander rede heeltemal fasineer.



Totale stukke publiseer: 264
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 81