Op Woes.co.za onder Resensies

DIE VIER BLOEDMANE DEUR JOHN HAGEE

Oor die skrywer: John Hagee is al vyftig jaar in die bedizening en die leraar van die Cornerstone gemeente in San Antiono in Texas met 20000 aktiewe lede. Hy is die skrywer van vier top verkopers volgens die New York Times en ook die skrywer van The Jerusalem Count Down wat wêreldwyd n top verkoper is. Hy is ook die stigter en president van John Hage ministries wat na 249 lande wêreldwyd uitsaai op televisie en radio kanake. In Suid-Afrika is hy Sondae middae om een uur op TBN op kanaal 341

Hy is ook n groot Israel kampvegter en is die nasionale voorsitter vir die organisasie “Cristians united for Israel”. Hy is ook die skrywer van Die Vier bloedmane wat nou in Afrikaans beskikbaar is.

Die Vier bloedmane: In hierdie boek begin hy heel aan die begin van die boek op die belangrikheid van tekens aan die hemelruim toon. Hy lig ook die interessante verbintenis met bloedmane, wat saam met die Joodse feeste en die sameloop van hierdie spesifieke bloedmane, met gebeurtenisse op die Joodse volk uit.

Die eerste reeks van vier bloedmane wat saam met Joodse feeste geval het was in 1493 en 1494. Dit was die tyd wat koning Ferdinand en koningin Isabella van Spanje
alle Jode uit Spanje uit verban het.
Die Jode in Spanje moes al hulle besittings agterlaat en is duisende van hulle gedood. Baie van hulle het na die nuwe wêreld, Amerika, toe gevlug.

Die eerste bloedmaan was op 2 April 1493, wat saam met die Pasga geval het. Op 24 September 1493 was daar n algehel sonsverduistering Die volgende bloedmaan was op 25 September 1493 wat saam met die Huttefees geval het.
Die derde bloedmaan in hierdie reeks was op 22 Maart 1494 wat weer saam met die pasga geval het en die laaste een op 15 September 1494, weer saam met die huttefees.

Die volgende reeks bloedmane was in 1949 tot 1950, net na die onafhsnklikheidswording van Israel. Met die lees van die onafhanklikheidsverklaring deur David Ben-Gurion op 14 Mei 1948 in die Knesset in Tel Aviv was Israel vir die eerste keer n onafhanklike staat na die Romeise besetting en die verwoesting van Jerusalem in 79 N.C. to die Romeise generaal Titus Jerusalem verwoes het.
Hierdie onafhanklikheidswording was skaars gelees of die skote het geklap soos Israel deur sy Arabiese bure aangeval is en sederdien was daar nooit werklik vrede nie.
Nog ngebeurtenis wat hierdie bloedman vooraf gegaan het was die moord op ses miljoen Jode tydens die tweede wêreld oorlog in die doodskampe van Nazi Duitsland.
Die datums van hierdie bloedmane was

Die datums van hierdie bloedmane was 13 April 1949 wat saam et die Pasga geval het, 7 Oktober 1949 wat saam m3t die huttefees geval het, 2 April 1950 wat saam et die Pasga geval het, sonsverduistering op 12 September 1950 en weer n bloedmaan op 26 September wat saam met die huttefees geval het.

Die derde reeks bloedmane wat Hagee in sy boek behandel is die van 1967 tot 1968 tydens die Yum Kipoer oorlog. Dit was tydens hierde oorlog wat Jerusalem weer as n eenheidstad begin bestaan het, vir die eerste keer in baie jare nadat die Arabiese deel verower is.

Die datuns van hierdie bloedmane was 14 April 1967, 16 Oktober 1967, weereens saam met die Pasga en die huttefees, sonsverduistering op 2 November en die laaste twee bloedmane op 13 April en 6 Oktober 1968

Ons is nou weer in n reeks bloedmane. Wat hierdie huidige reeks bloedmane egter uitsonderlik maak is dat dit die eerste keer is dat die reeks bloedmane in n Shemitha jaar val en dat dit ook in die tyd van die fees van die ramshoring val. Shemita jaar is elke sewe jaar wat die grond moet rus.

Ons is halpad deur hierdie reeks bloedmane waarvan die eerstes op 15 April 2014 was en die tweede op 8 Oktober, weereens saam met die Pasga en die huttefees 2014. Die fees van die ramshoring was op 25 September 2014.

Daar gaan, volgens NASA, op 20 Maart 2015 n algehele sonsverduistering wees gevolg deur twee bloedmane op 4 April en 28 September 2015.

Volgens Hagee is God besig om met die wêreld te praat deur tekens aan die hemelruim wat niemand kan ontken nie. Christus het immers in y eindtyd profesi self gesê dat daar tekens aan die son die maan en die sterre sal wees.

Met sy Arabiee bure met Iran aan die voorpunt jan naanslag op Israel een of ander tyd verwag word.

Hagee stap die geskiedenis van die bloedmane en die verbintenis met die Jode volledig in hierdie boek deur hy verwys gedurig terug na ondersteunende verse uit die Bybel uit.. Ek voel dat hierdie boek n moet is vir enige geskiedenis student en dat ywerige Bybelstudente gerus die boek kan aanskaf. Dit is beskikbaar by C.N.A. en die meeste boekwinkels

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/resensiestuk/die-vier-bloedmane-deur-john-hagee
neels claasen

Nadat ek as kind langs die treinspoor groot geword het het ek self baie jare diens op die spoorwee voltooi. In my dienstydperk het ek die einde van die stoomera ervaar en is dit vandag met groot deernis wat ek oor hierdie tye skryf om hierdie tydperk op skrif te bewaar om vir die mense te vertel van hierdie glorieryke tydperk in ons vervoerwese. Die manne op die stoom lokomotiewe en die manne langs die treinspoor is ware vergete pioniers wat hierdie land help bou het. Hulle het die wiele dag en nag aan die rol gehou om hierdie land te bou tot wat hy vandag is. My eerste roman oor hierdie tydperk, Vergete Pioniers het in Nov 2011 verskyn en is nou in Woes se winkel beskikbaar waar meer besonderhede oor hierdie roman gelees kan word. Ridders van die Ysterpad het daarna gevolg asook Buffelshoek se nuwe stasiemeester. In hierdie verhaal ervaar ons die buitestasielewe soos dit was in daardie jare.
Ek het ook my hand aan n speurverhaal gewaag en is die H.I.V. moord baie goed ontvang. Die Winkende dood is die verhaal van Catherine Scholtz wat aan dwelms verslaaf geraak het maar gerehabiliteer het Toe sy kollege toe gaan beland sy amper weer in dwelms se kloue maar keer betyds. Haar vriendin, Dalene Jacobs loop egter die volle skrikwekkende pad van dwelms.
Ek het ook twee fotoalbums oor die stoomjare saamgestel. wat by my verkry kan word. Die buiteblaaie is in my fotogalery
   en nou het ek begin kortverhale skryf. dit is vir my n heerlike nuwe veld wat ek ontdek het en is die idee om my kortverhele in n bundel uit te gee as ek genoeg bymekaar het



Totale stukke publiseer: 160
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 1,703