Op Woes.co.za onder Resensies

dinge wat ons wil vergeet......'n droe wit seisoen

Daar is dinge,goeters,plekke,ondervindings,wat jy liefs nie wil onthou nie.Paaie waarop jy nie terug wil loop nie.Maar dan lees jy 'n boek soos ''n Droe wit seisoen'van Andre ,raai wie ?,P. Brink en jy word saamgesleep op sulke paaie.
Nie baie het die voorreg(?)gehad om drie uur in die oggend met die polisie vangwa,met 'n lyk agterin,na die lykshuis in Pretoria Sentraal te ry nie.Elke keer as jy wegtrek,skuif die lyk van die vermoorde swartman,tot teen die deur,en wanneer jy stop,skuif hy tot voor teen die kajuit.Ek ry van Olifantsfontein waar ons middernag uitgeroep is na 'n moord toneel.G'n forensiese span,net die dooie oplaai en staatslykhuis toe karwy.Daardie geluid in die lykhuis,so groot soos 'halwe rugbyveld,waar dosyne waaiers huilend die miskien 30 of meer lyke(swart lyke) van oral oor koud hou,totdat iemand hulle kan uitken,wegneem of begrawe.'n reuk van die dood wat swaar hang en jy is 21 jaar oud !
in 'n 'droe wit seisoen' gee Andre 'n beskrywing van die lyke in 'n polisie lykshuis wat jou ewig sal bybly en soos ek se herinneringe terug bring,wat ek gedog het weg is.
verder neem hy jou na 'n bekende toneel van 'n bediende kamer in 'n tipiese blanke gemeenskap,waar die bediende se 'boyfriend' betrap word waar hy kom kuier,en met 'n sambok uitgejaag word.onreg,vernedering,bespotting,totdat jy laag buig onder die verskriklike werklikhede van 'n werklike geskiedenis-wat nie gaan weggaan al plak ons hoeveel pleisters op nie.
is dit verbasend dat ek vroegoggend droom van 'n jong swartman wat my aanrand,en ek magteloos ervaar hoe hy stadig maar seker die oorhand kry-totdat ek genadiglik wakker skrik.
Die reis waarop Andre jou neem deur Sophiatown,en ander lokasies,die reuk van sjebeens,die reuk van kafferbier,kom sit hier in jou neusgate.
ek was daar,ek was deel daarvan.probeer ek iets se,wil ek he u of iemand moet skuldig voel? nee,duisendmaal nee.weet net dit,dis 'n onlosmaakbare deel van ons almal-seker tot in derde en vierde geslag.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/resensiestuk/dinge-wat-ons-wil-vergeetn-droe-wit-seisoen
johnie007

Ek woon in Grootbrakrivier,afgetree en ongelooflik bly dat ek deel kon word van die Woes familie.  
Ek geniet die opinies(selfs uiterstes soos Aardige Afrikaner tot die romantiese van Ma-Linguis) En nou nuutgevonde Hennie Prins en seksie Rexie.Wat van Helna en Thysie en nog baie ander.Ten laaste my groot plesier 'Sneeuwolf' Dis lekker !Wat 'n wonder wereld van idees om te deel en te geniet.Wens net die gier,of inspirasie,pak my meer gereeld,want anders as baie ander,funksioneer ek net op inspirasie.Dankie vir al die vriende wat saam baljaar in die see van woorde.....



Totale stukke publiseer: 334
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 469