Op Woes.co.za onder Resensies

Nag van Legio - My resensie

Die veel – heel veel besproke drama deur ons eie vermaarde PG Du Plessis.
Net hier verklaar ek PG ( soos hy bekendstaan) as Volkseiendom.

Ek het hierdie drama nooit gesien nie, dit nie gelees nie en weet baie min daarvan. Dit kom al baie jare terug en is net na bekendstelling as verhoogstuk deur almal en alles verban en in die vagevuur gegooi:
Die Nasionale Party
Al wat Kerk is
Al wat vroue-, moeder-, hoeder-, hoere- . . . al wat bond is verbied en vervloek.

Die stuk is eers geskryf met mans as rol vertolkers. Later is dit aangepas na vroue as rol vertolkers en nou is dit . . .
Jy moet mooi lees – moenie dat ek jou staan en aanspreek nie – want hierdie is ‘n eksamenvraag . . .
Nou is dit vir die “ Radio aangepas” deur ek het regtig vergeet wie.
Die werk het uiteindelik, toe die meer verligtes en regdenkendes in beheer gekom het, vele prys gewen.

Ek het nou al genoeg geskryf om te bewys dat ek nie ‘n probleem met PG het nie – en vermoed sy werk is “deur ander hande” en ek sal miskien anders redeneer indien ek die oorspronklike onder oog kan kry.
Ek stel egter nie belang nie.

Hierdie “ vir die radio verwerkte” stuk is gisteraand om agtuur op RSG, in sy drama uur, uitgesaai.
Ek het baie opgeoffer om dit aan te hoor en die strekking is:

Basies speel die verhaal af in een kamer van ‘n Hospitaal vir geestelike versteurdes. Die klomp versteurde vroue is vasgekeer in een kamer met beddens opdat aan die hospitaal gerenevate word en plek is ‘n probleem nou prop hulle maar pasiënte bymekaar en daar is nie eers ‘n piepie bak nie en vroue piepie baie.
Ek was nugter en by my volle positiewe tydens die aanhoor.

Dit lyk vir my dat dit gaan oor ‘n goeduitgewerkte plan deur een vrou om saam met die ander te wees in die toevallige probleem situasie van te min plek, en sy het 'n moordadige  intensie.

Op die planke sal daar geen probleem wees met ‘n opvoering nie opdat al die menslike sintuie van die gehoor aangewend  kan word om mooi te volg wat aangaan.
Sien, hoor, aanvoel en sigbare redes vir raai en identifikasie.

By die Radio is dit ‘n geweldige probleem. Slegs die ore werk en die verbeelding en wanneer ek sê verbeelding, dan is daar dadelik ‘n futtup. Ek en jou verbeelding verskil.

Die uiters bekwame, bekende en beproefde aktrises is uitstekend en hulle kan dit nie verhelp dat daar, met die uitsondering van een, weinig verskil in stemtoon is nie.
Die verkeerde stemme vir die Radio is dus gekies. Ek wis later - veral in die hoogtepunt deel, tussen al die geskree en gejou – dat ek nie meer uitmaak wie is nou wie nie.

My groot probleem:
In so ‘n gestig, is dit erger as in die gevangenis. In die saal is niks. Slegs ‘n lig buite bereik en verder niks.
Hier, in hierdie drama het een vrou ‘n mes – ‘n slagmes. Ek gaan aanneem sy het dit baie veilig versteek met die inkom slag want daai pajamas het mos nie sakke nie en hulle word tog seer sekerlik deeglik deurvoel.
Dan is daar die noodklokkie se elektriese koord wat nou ewe skielik deur een van die mallies afgeruk en versteek word vir ‘n duidelik suggestiewe gemene rede.
Dan is daar ‘n belt of band of gordel waarmee hulle een vrou op haar bed kon vasbind
Dan is daar die kombers wat in stringe kon uitgerafel word. This is shit!
Ek kan ‘n verslete kombers skeur maar sy weefwol of wat is nie bruikbare tou nie.
Dan het die kamer ook gordyne. Wat skeur makliker in repe as juis gordyn materiaal?
Dan gee die dokter vir die een vrou ‘n slaap inspuiting ( wyl almal natuurlik vasdruk) en so wragtig minute later kon hulle haar wakkermaak. Is ‘n psigiatriese hospitaal se doofmiddels net water?
Is ‘n persoon met daai siekte immuun teen doofmiddels.

Die groter rede vir die destydse verbanning is die Godslasterlike. Dit is erg. Dit is selfs vir my as skrywer heel oor erg! Ek praat egter nie daaroor nie want mense wat versteurd raak met Godsdiens as gereedskap is baie erg.

My negatiewe spruit uit al die gereedskap en toebehore vir moord wat die vroue tot hulle beskikking gehad het in die Radio drama.
Dit is amateuragtige lae graadse skryfwerk.

‘n Versteurde, veral ‘n moordenaar se vingernaels en toon naels moet kort wees. So ‘n persoon het nie ‘n mes nodig nie maar kan jou hart uitsny met die vinger alleen.

Die laaste vyftien minute het ek maar die knoppie gedruk. So ‘n kakofoniese, onidentifiseerbaar konkoksie verdien om afgesit te word.

Ek herhaal:
My oordeel is slegs gebaseer op hierdie spesifieke uitgesaaide stuk.

Uiters goed begin behalwe vir dieselfde soort klinkende stemme. Later hoe kwater ontaard dit na ‘n globale nil en kry die stuk dus by my ook net nil.

Willie F van Tonder
2014/05/30



Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/resensiestuk/nag-van-legio-my-resensie
sneeuwolf

My naam is Willie van Tonder. Haar naam is Anita en ons is al 48 jaar saam. Sy het drie kinders in die wêreld gebring en is al 'n ouma grootjie.
Ek het geen akademiese opleiding of  nering nie, maar het wel aan Moederskoot die Bybel leer lees en ek kan ook optel en aftrek.
Ek swerf my lewe lank deur 'n idilliese droom wêreld en vir brood en melk, gebruik ek my hande.
Ek woon in Potchefstroom
Mense en hul dinge is my lewe - ook die grond en alles wat daaruit spruit.
Ek skryf gewoonlik in die eerste persoon omdat dit vir my maklik is.
My stories beeld slegs my drome uit en het geen betrekking op my werklike lewe nie.
Opdat alles wat op die Internet geplaas word, Universeel is en daarna aan die wêreld behoort, mag jy dus dit wat jy van waarde ag, aftrek en bewaar.
Indien jy dit in beter formaat op CD verlang vir beter druk en bind, kontak my net.

My E pos adres is: willievantonder@gmail.com
My telefoon nommer is: 082 536 5423 - ek reageer beter op 'n duidelike SMS.
Skype: snowwolf 9281.
YouTube bydraes URL : http://www.youtube.com/willievantonder

Of, makliker:
Gaan in op YouTube en tik net in:
willie van tonder

En geniet dit.
Verder, my skrywes  ;
Geniet dit wat ek opdis en blaai gerus weg indien dit jou nie pas nie.
 
Dit is my as skrywer se taak en strewe - om emosies op te wek.
Die leser moet emosioneel geraak word deur wat ek geskrywe het:
Jy mag maar lag, huil, kwaad word . . .
Jy mag maar woedend ook word.

Dan het ek geslaag as skrywer.



Totale stukke publiseer: 2,393
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 8,998