Op Woes.co.za onder Rubrieke

Vriendskap

In vandag se tyd is ons so gou om vriendskappe te kritiseer, want hoe weet ons werklik dat ons iemand kan vertrou? Miskien is dit juis die punt. Ons weet nie en somtyds vind ons op die harde manier uit dat die persoon wat jy met al jou hartsgeheime vertrou het, die persoon is wat jou in die rug steek. Maar dan is daar daardie vriende, hartsvriende, wat jou optel wanneer jy val. Aan jou stem kan hoor jy voel so bietjie af. Daardie vriende wat wanneer jy hulle bel-alles sal los om met jou te praat en dit is juis daardie vriendskappe wat alles die moeite werd maak. Daar word dikwels gesê dat ons aan ons vriendskappe geken word, maar ek het die afgelope tyd iets baie belangriks besef. Partykeer is jou ware vriende juis die van wie jy dit die minste verwag het. Ek wil vandag 'n uitdaging aan almal rig. Behandel elke persoon wat jou pad kruis soos 'n ware vriend/vriendin, jy weet nooit-dit word dalk die beste vriendskap wat jy ooit sal hê. Soos my Ma altyd sê: "A stranger is just a friend you do not know yet."
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/159954-vriendskap
Marthie-Lize Thomas

Lees asseblief my bydraes en lewer gerus kommentaar-positief of negatief-op die ou einde is dit hoe ons leer. Skrywers moet voortdurend daarna streef om hul talent te slyp en hulle skryfstukke te verbeter. NS-Ek behou kopiereg op al my skryfstukke



Totale stukke publiseer: 40
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 44