Op Woes.co.za onder Rubrieke

Uitgebrand??

Ek is seker elke vrou ken daardie gevoel. Daardie sinkende gevoel wanneer jy besef jy kom net nie meer by alles uit nie. Elke vrou kom op daardie stadium waar sy regtig moet besluit waar haar prioriteite lê.

Ek sukkel om nee te sê wanneer mense my vra vir hulp. Totdat al my aktiwiteite begin bots het. Wat my die meeste gepla het was nie dat dit gebots het nie, maar dat ek moes kies. Hoe kies 'n mens wanneer almal vir jou ewe belangrik is? Wanneer 'n stukkie van jou hart by elkeen van daardie aktiwiteite lê?

Dit het my egter 'n belangrike les geleer. Dink voordat jy instem om iets te doen. Dis egter ons vrouens se grootste probleem. Ons dink met ons harte en nie ons verstand nie. Dit is net nie moontlik om die wêreld eiehandig te wil red nie, alhoewel daar vrouens is wat tog lyk asof hulle dit reg kry.

En nee ek probeer nie sê dat vrouens makliker uitbrand as mans nie. Die enigste rede hoekom ek slegs na vrouens verwys omdat ek dit uit 'n vrou se oogpunt skryf. Vrouens is en bly emosionele wesens en daarom is dit amper natuurlike instink om in te stem wanneer iemand ons vra om met iets te help.

Die groot vraag bly egter: Wat doen jy wanneer jy uitgebrand voel? Die antwoord is eenvoudig, drink 'n koppie chamomile tee (of 'n glasie rooiwyn)en besef jy is nie Superwoman nie.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/159985-uitgebrand
Marthie-Lize Thomas

Lees asseblief my bydraes en lewer gerus kommentaar-positief of negatief-op die ou einde is dit hoe ons leer. Skrywers moet voortdurend daarna streef om hul talent te slyp en hulle skryfstukke te verbeter. NS-Ek behou kopiereg op al my skryfstukke



Totale stukke publiseer: 40
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 44