Op Woes.co.za onder Rubrieke

Water

Water
Manna uit die hemel
nektar van die gode...

Water. iets waarsonder geen niks, maar niks kan leef of voortbestaan nie. Dis droog, bitter droog oral in ons land. So bid ek vrydagaand en vra die Here om assblief die sluise oop te maak oor die plekkie, Durnacol, waar ek werk en ook assblief sommer baie meer oor die omliggende plase, damme en riviere. Terwyl ek bid hoor ek druppels op die dak! In Sy alwysheid maak Hy egter nie die sluise oop nie. HY weet dat die dorre aarde hier dan eenvoudig sal verspoel. Hy maak egter die hemelse sproeiers oop en laat die waters van die hemel saggies neerdaal sodat dit kan insak en weer lewe gee. 'n Hele 20 mm skenk Hy ons.
Ek gaan staan buite in hierdie heerlike sagte reen en met trane van dankbaarheid, gemeng met die lafende reendruppels wat oor my wange loop, hef ek my hande omhoog en loof en prys Hom vir Sy genade.
Papnat, maar vol dankbaarheid, droog ek my af en klim in die bed. Iewers in die nag word ek wakker met 'n vreeslike dors. Nie 'n druppel water in die kraan nie! Gelukkig is die etel nog vol water en vat ek sommer 'n slukkie daar.
Dis vandag prsies dae wat ons hier in Durnacol nie 'n druppeltjie water in ons krane het nie. Mense, in hierdie situasie besef jy jy bitter baie gou HOE afhanklik ons van water is. Eers dan besef mens hoeveel water jy sas mens alleen elke dag gebruik en nodig het.
In 'n kas ontdek ek 2 x 25 L kanne vol water. Hoe lank staan dit al daar, en is dit nog reg vir gebruik? Desperaat vir 'n koppie koffie tap ek die ketel vol en kook dit. Vuil skottelgoed wat al hard geword het staan en lag vir my vanuit die wasbak.My mond skree ten hemele vir 'n skrop. Ek ruik iets, wel iets nie te aangenaam nie en besef dis my lyf wat smeek vir 'n lekker stort.
Mense, in hierdie situasie besef jy eers hoe afhanklik jy werklik van water is en hoeveel water jy as net een mens alleen nodig het. Ek het mos water ontdek! Blitsig word 'n reuse pot op die stoof gesit. Ek kan skottelgoed was, koffie maak, tande borsel, skeer en ook myself bederf met 'n heerlike "lick and promise en 'n dry clean." Alles goed en wel, maar die een kan van 25L is leeg, dolleeg!
Iemand 'n grap en se dat ons maar 'n glasie wyn moet drink as ons dors word. Mmm, ek sal dit "laaik" maar ongelukkig het ons ook water nodig om die wyn te kan maak.
Ek hoor dat Dannhauser, ons naaste dorpie nie sonder water is nie en dat ons daar kan gaan water tap. Desperaat gryp ek al wat hol ding is en gaan soek water. Groot my ontnugtering toe die enigste plek waar ek water kan kry my R50 vra om die twee kanne vol te maak! 'n Swart samaritaan praat die vrou aan en vra of sy nie skaam kry nie. Sy wil egter niks minder as R20 aanvaar nie.
Wees dankbaar vir elke druppel in jou kraan en moet asseblief nie soos so baie mense, jou "driveway" afspuit nie. Gebruik 'n besem en vee dit skoon.
Daagliks hoor ek oor die radio hoe mense en gemeentes gevra word om ernstig te bid vir reen. Soos een man doen ons volkie dit. In baie plekke het die reen intussen mildelik geval saam met hewige haelstorms. Het iemand al 'n beroep gedoen dat ons nou weer soos een man sal neerkniel en Hom dank vir die heerlike uitkoms? Nee, tot op hierdie oomblik het ek dit nog nie gehoor nie, behalwe vele klagtes oor die skade wat die hael berokken het. Geen wonder Hy wil nie meer reen gee nie. Ons weet abie gou om te vra. Dankie ken ons egter nie.
Ek gaan nou dadelik dankie se want terwyl ek hier skryf, hoor ek skielik die toilet vol loop. Ons het weer water in ons krane!!!!

Water
Manna uit die hemel
nektar van die gode...

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/164549-water-projek-droogte-2015-10-11-tot-2015-11-25
Jan v.d. Merwe

Ek is Jan v.d. Merwe. Ek noem myself ook 'n "Boelandse Capy" omdat ek in die Paarl groot geword en skool gegaan het. Is al die afgelope 34 in Gauteng, waarvan ek en my vrou die laaste 24 jaar in Springs woon.Ek het twee seuns en 'n dogter en is die trotse oupa van 7 eie en'n pasella tweeling kleinkinders!
Ek doen koerierwerk vir 'n bekende firma in Delmas. Dis wanneer ek soms ver paaie, soms naby ry, dat die Here met my praat en waar HY ook male sonder tal, my op die heel laaste oomblik van 'n gewisse dood gered het.
Ek is geen digter of skrywer nie. Ek vertel maar net soos ek dinge ervaar.



Totale stukke publiseer: 748
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 3,424