Op Woes.co.za onder Rubrieke

Baie dankie

Baie dankie aan Woes-Admin,

My werk is afgelaai. En dit was so maklik. Net 'n druk van 'n knoppie en nou veilig op my hardeskyf.

Van tegnologie verstaan ek zat, maar bly, is ek bly daaroor.

Weereens, aan Woes-admin, julle is sterre!
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/165367-baie-dankie
Karmenaadjie

My grootste liefde is Bybelstudieprojekte.  Verder skryf ek graag,  Lirieke en toonsettings, gedigte rubrieke en Musiekspele.  Ander liefdes: Skets en skilder.

My naam, Elizabeth, beteken "Dogter van God"  Dit is my elke dag strewe, om juis dit te wees.  Op my oudag het ek teologie studeer en 2011 graad gekry.  Bedien tans by Aretha, 'n huis vir pensioenarisse en gestremdes.

Taal en musiek het geen einde nie! 

Taal en klank was van die begin af daar.  Toe God in die begin gepraat het, het woorde en klank die stilte deurklief.  Van toe af sweef woorde en klank in die ruimte rond tot in ewigheid.

Om te dink, net 26 letters gee vir ons 'n Afrikaanse woordeskat van meer as 30,000 woorde.  Net 8 solfatone gee vir ons 'n musiekskat van duisende melodiee.  Elke dag word nuwe woorde en komposisies geskep waarin ek deel.  Dit maak my opgewonde.  God is Almagtig-kreatief en Hy het my ook kreatief gemaak. Hoe kan ek stilbly as die hele skepping juig.  Soos die klippe sal ek uitroep!

Al my werk, hetsy lirieke, komposisies of musiekspele is oorspronklik en behou ek die kopiereg daarop.



Totale stukke publiseer: 488
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 2,842