Op Woes.co.za onder Rubrieke

Al die lof...

Vanaand borrel dit in my an vreugde en dankbaarheid. Wat 'n wonderlike en grote God dien ons nie.
Dave se vrou is onlangs gediagnoseer met baie erge velkanker nadat 'n lelike moesie op haar rug uitgesny is. Daie diep en lange sny met 22 steke. Die spesialis was bang dat die kanker na haar limfkliere versprei het. verlede Dinsdag is kliere onder haar arm uitgesny en gestuur vir ontleding.
Na 'n uiters spanningvolle week en baie, baie gebede van dwarsoor die wereld het ons vandag die uitslae gekry. NEGATIEF, die kanker het nerens heen versprei nie!!!
Ek wil soos die moslems van hulle minarette af vir allah aanbid, van die huis se dak af luidkeels Sy Naam groot maak en verheerliksodat die hele wereld dit kan hoor.
Alida moet nog die Onkoloog gaan sien vir moontlike bestraling, maar ek glo waarlik en opreg dat dit nie eens nodig sal wees nie.
My God doen nie halwe werk nie. As Hy genees, genees Hy volkome!!
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/al-die-lof
Jan v.d. Merwe

Ek is Jan v.d. Merwe. Ek noem myself ook 'n "Boelandse Capy" omdat ek in die Paarl groot geword en skool gegaan het. Is al die afgelope 34 in Gauteng, waarvan ek en my vrou die laaste 24 jaar in Springs woon.Ek het twee seuns en 'n dogter en is die trotse oupa van 7 eie en'n pasella tweeling kleinkinders!
Ek doen koerierwerk vir 'n bekende firma in Delmas. Dis wanneer ek soms ver paaie, soms naby ry, dat die Here met my praat en waar HY ook male sonder tal, my op die heel laaste oomblik van 'n gewisse dood gered het.
Ek is geen digter of skrywer nie. Ek vertel maar net soos ek dinge ervaar.



Totale stukke publiseer: 748
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 3,424