Op Woes.co.za onder Rubrieke

Bitter siel versondig my nie

Ek dink dis heel eenvoudig
Wel miskien aan die einde van die dag
Soms is dinge net nie bedoel om uit te werk nie
Soms kan oomblikke van absolute harts vreugde vir jou
Die donker dae wees van die om jou
Almal beleef dinge anders
Dis ‘n kwessie van perspektief
Jy heg dalk waarde aan oomblikke wat ander liefs sal wil vergeet
Dis lewe
Dis moeilik
Maar dis die moeite werd
My geluk is dalk jou ongeluk
Jou vreugde is dalk gemeng met die sout van my trane
Maar bitter siel versondig my nie
Laat my lag en gelukkig wees
Laat my baljaar soos ‘n kind in die drome van more
En laat my glimlaggend terugdink aan die storm waters van gister
Bitter siel versondig my nie

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/bitter-siel-versondig-my-nie-projek-liefde-2015-12-09-tot-2016-01-05
maanstraal

Skryf is vir my meer as n passie dis 'n lewenstyl. ek het soveel gesien en beleef wat my lewe moes vernietig maar woorde het my heel gehou.



Totale stukke publiseer: 32
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 44