Op Woes.co.za onder Rubrieke

Ek gee uit die diepte van my hart ...


Vandag kom ek met ʼn ander rede, en wil vir julle as medemense ʼn geskenk van 200 Rand gee as ʼn nagedagtenis of as erflating.

1.      Ek het ʼn 200 Rand noot.
Wie wil dit graag hê? Ek is seker almal van julle.

2.      Kom ek gaan nog ʼn bietjie verder. Ek gaan die 200 Rand noot so effens mishandel.
Wie stel nog belang in hierdie noot? Weer sien ek dat julle keuse glad nie verander het nie.

3.      Kom ek gaan nou iets ongehoords aan hierdie 200 Rand doen, en sommer ʼn hoek afskeur en sommer nog op hom spoeg. Want; ek hou nie van hierdie persoon se gesig op die noot nie.

Wie van julle stel nog belang in hierdie 200 Rand noot? Ja, — nog steed sien ek presies dieselfde begeerte vir hierdie 200 Rand noot. Maar hoekom stel julle dan nog belang in hierdie noot? Almal is dit eens: sy waarde het nie verander nie.

Nou hoeveel keer word julle in die lewe beledig, gevloek, vervolg op die geestelike vlak van julle innerlike lewe, en so kan ons maar aangaan, hoeveel ongeluk bring dit?

Moenie langer voel dat julle waardeloos in hierdie lewe is nie, selfs al wil julle julself minderwaardig ag of deur ander mense minderwaardig gekwalifiseer word. Julle waarde bly nog net een en dieselfde. Ongeag wat daardie persoon van julle wil dink of hoe hy julle wil behandel.

Nooit mag julle handdoek ingooi nie. Daar sal altyd mense wees wat julle waarde hoog aanslaan.
Nooit maar nooit verruil julle jul waarde vir enige iets in hierdie samelewing nie. Daar sal altyd iemand wees wat julle lief sal wil hê al lyk julle hoe.

Nooit maar nooit sal God julle onderwaardeer nie. Julle is en bly spesiaal in jul wese vir jul Verlosser.

5/6/2014.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/ek-gee-uit-die-diepte-van-my-hart-ongeluk
Arnold

ONTRAFELING MET ´N GELUKKIGE EINDE:
Ek en my pen het die stryd aangesê om te skryf.
Deur diepe pyn van verhale
wat ek deur die jare
met moeite en teleurstellings
nie altyd kon verstaan
probeer vaspen met frustrasie.

Na al die tyd van swoeg en sweet
het die boek vorm aangeneem,
maar die mens met sy grille
kon dit nie verstaan,
al hierdie letters en woorde
met hulle sinjifikasies —

Maar ek het ʼn intensie
met al hierdie verskonings
“van ek kan dit nie verstaan nie.”
Vir al hierdie woorde se ontrafelings:
hier ʼn verskuiwing, en daar ʼn byvoeging
ʼn ryming of twee daarby,
siedaar ʼn “Digbundel” my eersteling.

Al my dank aan die Almagtige wat my bygestaan het.
Alle werke is onder hewig aan ©.




Totale stukke publiseer: 343
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 1,586