Op Woes.co.za onder Rubrieke

geluk


ek is so vol geluk. so vol vreugde. ek kan nie slaap nie. ek wil nie slaap nie. ek staan hier op die balkon en kyk op na die sterbesaaide hemel en ek tuur uit in die stilte van die nag

‘n sagte koel briesie waai deur my hare en ek voel jou. ek sien en hoor hoe die bome blaartjies afgooi. ek hoor kriekies. goggatjies. – alles wat ek nie voorheen gehoor of raakgesien het nie

ek is so gelukkig vanaand. soos een van daardie kriekies wat daar buite sing! dit voel of ek ook, nes daardie boom, my ‘blaartjies’ afgegooi het – die ou blare. die droë blare. wat my ‘takkies’ swaar maak. onnodig.

ek ken my hart. die gevoel is oorweldigend. ek wil net lag. want ek dink aan jou en wanneer ons eendag bymekaar sal wees. vir altyd.

ek voel gelukkig, want ek weet waarvoor ek wag.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/geluk
Pa se Meisiekind

*********************** ek is 'n 31jarige enkel-ma met twee pragtige meisiekinders - wat vanselfsprekend my absolute alles is... oor seer kan niemand my niks vertel nie, maar ek sien myself as 'n survivor. ek lag baie - dit help om die suur-seer om my hart draagkliker te maak, en maybe bietjie weg te steek vir die wereld daarbuite ek dink diep binne smag ons elkeen na geluk, nie slegs innerlike geluk nie, maar ook om jou elke dag met iemand mee te deel... maar ek sukkel nog bietjie daarmee - nie om te deel nie, maar om te aanvaar dat iemand my actually kan liefhê, en te glo dat almal nie daarop uit is om jou hart te verwoes nie. ek is nie 'n A.G. Visser of 'n Ingrid Jonker nie, so gee gerus jou terugvoer t.o.v. my werk - hetsy positief of negatief. *************************



Totale stukke publiseer: 64
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 161