Op Woes.co.za onder Rubrieke

Hoog verhewe

Als is spookasem en bollemakiesies.
My gemoed is 'n lugballon wat nie grond vat nie. Ek is in die wolke, die wind is my tokkelol met wie ek dans en draai.
Saam met hom draai ek deur 'n deurmekaar lewe, wat my laat terug leun van lekker lag. As hy my in die rondte draai raak die klein wereld daar onder 'n kaleidoskoop van kleur wat jaloers ons passies koggel. Die blou, blou lug terg ons met onbereikbare beloftes. My tokkelol pluk vir my die horison, asof dit net myne is, maar dis te groot vir my klein lugballon lewe.
Al is my voete seer gedans kan ek nie op hou nie.
Ek is in my warrelwind vasgevang.
Ek is gehipnotiseer.
Hy het my spookasem, bollemakiesie lewe laat lag. Saam dans ons ewigdurend ver bo die werklikheid van die wereld.
Ek is in die wolke, en die wind is my tokkelol met wie ek dans en draai.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/hoog-verhewe
p. scoymocephala

dan sou ek...

dit kon verwoord in eenvoud
(en vryheid vind)
dit wat herhinneringe oproep en ontvorm
dit wat ons nastreef en dit wat ons afsterf
(sodat) 
luister met ander woorde, hoor met jou gemoed
(als kan transfigureer)



Totale stukke publiseer: 1
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 2