Op Woes.co.za onder Rubrieke

'n Lig in KZN -

Ja burgers - ek sien 'n lig in KZN - was eers 'n flou kersflikkering. Mettertyd gegroei tot 'n groot helder bal - Nie een wat meer onder die maatemmer is nie. Nie aan beurtkrag blootgestel is nie - nie een wat met hoer EVKOM pryse betaal hoef te word nie. Die lig van 'n nederige begin, met volgehoue oortuiging, het ons hele land gebaai in sy helderheid. Aan die hart 'n eenvoudige boodskap. Niks grootsheid of onverstaanbaar nie. Eenvoudig soos - SPREEK HERE U DIENSKNEG LUISTER.
Lesse vir elk van ons te leer. Ons kroos te leer, ons land te leer.
Ontwaak en sien die lig - Oom Angus ek buig my hoof in bewondering. Vir jou en jou familie, jou volgehoue vertroue. Die Here sal nie aan jou 'n taak ople waarvoor jy nie die KRAG sal ontvang nie. Ek wil vir jou die versekering gee almal sien jou lig. Jou taak is raak gesien - nou beskik dit by ieder en elk om jou boodskap uit te leef. Mense - kyk op en sien - hier gaan 'n man verby - 'n boodskapper.  SEENWENSE van 'n gewone burger.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/n-lig-in-kzn
Lana Lowe

LANK LEWE AFRIKAANS !!

Ek is lief vir die jong taal -
Kom ons gebruik hom voluit - laat hom leef.

Julle skrywers is 'n inspirasie -



Totale stukke publiseer: 91
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 251