Op Woes.co.za onder Rubrieke

so 'n ou drukkie...

vanaand herinner iemand my weer daaran hoe spesiaal 'n drukkie kan wees. dat dit als op daardie spesifieke oomblik net eenvoudig fix... en ek kyk na my twee wonderwerkies, en ek besef opnuut hoe absoluut geseënd en bevoorreg ek is.

hul ogies - so onskuldig
hul liefde - so opreg en onvoorwaardelik
hul handjies - wat alewig vingerafdrukkies oral agterlaat
... en hul drukkies wat my so mildelik van krag en hoop voorsien.

ek wens ek kan vir hul in woorde omsit hoe ongelooflik jammer ek is vir die seer wat ek in hul hartjies geplaas het / steeds plaas, deur hul op my eie te wil grootmaak. ek hoop maar, diep in my hart, dat hul eendag sal verstaan waarom ek dit moes doen...

.. alles selgs om op die langtermyn vir hulle die beste te kan gee.
.. alles slegs vir hulle, my prinsessies.

as hul maar net kon weet deur hoeveel hul my dra! DANKIE MY GOD!!

(en ek laat sak my kop in skaamte dat ek soms so ondankbaar en negatief kan wees!)
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/so-n-ou-drukkie
Pa se Meisiekind

*********************** ek is 'n 31jarige enkel-ma met twee pragtige meisiekinders - wat vanselfsprekend my absolute alles is... oor seer kan niemand my niks vertel nie, maar ek sien myself as 'n survivor. ek lag baie - dit help om die suur-seer om my hart draagkliker te maak, en maybe bietjie weg te steek vir die wereld daarbuite ek dink diep binne smag ons elkeen na geluk, nie slegs innerlike geluk nie, maar ook om jou elke dag met iemand mee te deel... maar ek sukkel nog bietjie daarmee - nie om te deel nie, maar om te aanvaar dat iemand my actually kan liefhê, en te glo dat almal nie daarop uit is om jou hart te verwoes nie. ek is nie 'n A.G. Visser of 'n Ingrid Jonker nie, so gee gerus jou terugvoer t.o.v. my werk - hetsy positief of negatief. *************************



Totale stukke publiseer: 64
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 161