Op Woes.co.za onder Rubrieke

Verkragting van tiener.

Dit bly en is 'n geweldige skok. Ek is sommer lus en begin my eie Party : The Clean-up Party

Ek sal al hierdie booswigte, wat gevang word, in 'n trok laai en binne in Perlementsgebou gaan "dump". Ek is siek en sat daarvoor om te hoor dat onskuldige kinders deel word van "Human Trafficing" en deur dwelms verwoes word. Vat 'n dooie renoster en gaan gooi die karkas op die Minister van omgewingsake en natuur bewaring, op sy lessenaar en kyk hoe vinnig maak hy 'n plan om die booswigte aan te keer.

Daar is soveel korruptheid vandat ons regering die landsgrense oopgestel het, dat ek sommer op my perdjie klim en al hierdie booswigte sal vang en deporteer.

Genugtig! Genoeg is genoeg en hoekom staan ons nie teen hierdie dinge op nie? Waarom wag ons vir "more" of vir "Genraal De La Ray? Hy is dood en hy het sy man gestaan. Dit is nou tyd om in te gryp en te staan vir dit wat "reg" is. Kinders word toegelaat om 'n swangerskap te beeindig en die jeug word "vrot" weens 'n gebrek aan kennis en opvoeding.

Ons skole is in 'n toestand! Die regering gebruik ons belastinggeld om vir Zuma te beveilig!

Is ek kwaad??? Ek is en ek wil opstaan, my voorskoot afstof en kaalvuis inklim! Sal ek verloor? Dit sal ek moet sien. Wie nie waag nie, kan nie wen nie.
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/verkragting-van-tiener
Moekie

Ek is passievol oor skryfwerk, gedigte en die kunste. Ek skryf wat vir my sin maak en ek skryf impulsief.

My stories en gedigte is saamgeflanste gedagtes en ek droom groot.



Totale stukke publiseer: 255
Totaal kere gelees: 0
Totaal kommentaar: 783