Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Digkuns slypskool en Woes galaa-aand

Komende Saterdag, 22 November, is daar groot dinge aan die gebeur in die Woes-wêreld. Kom ontmoet al die Woesters! Waar anders gaan julle mekaar van aangesig tot aangesig kan sien?

Die eerste is die digkuns slypskool, as jy enige gedigte het wat jy dink regtig potensiaal het kan jy opdaag met dit en saam met Prof. Ian Raper aan jou werk skaaf. Dit skop 08:30 af en sal tot 15:00 duur. Die koste van die slypskool beloop R400 en jy moet jou gedig op ‘n geheuestokkie bring sodat ons dit finaal kan uitdruk nadat daar aan dit geskaaf is. Bring ook ‘n paar gedrukte voorbeelde saam. Dit sluit 2 x koffie en koekies in asook ‘n middagete.

Die Woes gala-aand is die groot prysuitdeling vir die digkuns kompetisie wat verlede week tot ‘n einde gekom het. Vingerhappies en sjampanje sal bedien word. Koste van die gala-aand beloop R160. Al is jy nie ‘n wenner in die digkompetisie nie of selfs al het jy nie ingeskryf nie kan jy dit gerus kom bywoon. Ek sien uit om saam met almal te kuier en te ontmoet.

Die slypskool asook die gala-aand word by die hAP gehou en die adres is 116 Venterstraat Capital Park, Pretoria. Die drag is netjies informeel. Gelde kan in die volgende rekening betaal word:

Kahuna Mobility Solutions
Standardbank
Potchefstroom
Takkode: 052838
Rekening no: 030543088

Stuur asseblief jou bewys van betaling aan digters@woes.co.za of faks dit na 011 507 5042.

Alles in ons vermoëns is gedoen om die kostes so laag moontlik te hou om dit oop te stel aan AL die Woes skryf en besoekers.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/digkuns-slypskool-en-woes-galaa-aand
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,878
Totaal kommentaar: 959