Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Gala-aand: BESPREEK ASSEBLIEF!

Besprekings vir gala-aand: BESPREEK ASSEBLIEF!

Die datum vir die Woes gala-aand is vas op 20 Maart 2010 by huis vir Afrikaanse poësie te Venterstraat 116, Capital Park om 18:00 vir 19:00.

As ons almal sit sal daar 100 plekke wees, maar as ons staan en gesels en die verrigtinge op die verhogie dophou, het ons plek vir 150 mense. Dit gaan makliker wees om die kos voor te sit en drankies te bedien. Daar sal ook 'n kontantkroeg beskikbaar wees.

Vir my om seker te maak dat daar nie 200 mense opdaag nie sal ek dit waardeer as die mense wat dit wil bywoon sal bespreek en vooruit betaal. Dit gaan seker maak dat alles vlot verloop en almal net 'n geselliger aand gaan hê.

Parkering is redelik skaars by hAp so probeer soveel moontlik saamry.

Betalings vir die gala-aand kan na die volgende rekening gemaak word:

Kahuna Mobility Solutions
Standardbank
Potchefstroom
Takkode: 052838
Rekening no: 030543088
Verwysing: Skrywersnaam
Prys: R60 per persoon

Epos bewys van betaling na digters@woes.co.za of faks na 011 507 5042.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/gala-aand-bespreek-asseblief
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,878
Totaal kommentaar: 959