Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Klein advertensies?

‘n Paar mense het my al genader rondom advertensies op Woes maar dan is dit goed soos trourokke en al sulke klein dingetjies. Dit is moeilik om dit te adverteer as die persoon nie enigsins ‘n webwerf het waarheen banier advertensies kan kliek nie.

Ek sit en dink dat ons dalk klein advertensies moet doen, of in die nuusbrief of op WoesBlog.com. Ek het dan ek iemand nodig om dit te bestuur. Om elke week al die klein advertensies in een epos te sit en aan my te stuur. Die klein advertensies sal natuurlik gratis wees, maar die rede hoekom iemand dit moet bestuur is omdat mense nie laat weet as iets verkoop is nie en dan wys daar dinge te koop wat lank nie meer is nie. So elke persoon sal elke week hulle advertensie op nuut moet instuur.

Hierdie is tans net ‘n idee wat ek toets. Daar gaan definitiewe riglyne wees rondom dit wat toegelaat gaan word, ek gaan nie besighede die kans gee om daar gratis te adverteer nie. Vir kommentare en voorstelle rondom hierdie idee kan jy ‘n epos na web@woes.co.za stuur.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/klein-advertensies
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,878
Totaal kommentaar: 959