Op Woes.co.za onder Woes-Nuus
Kopiereg op prente/foto’s
Geen foto of prentjie of skets mag deur enige persoon op Woes publiseer word sonder dat hulle die nodige kopiereg op daardie materiaal het nie. Dit sluit veral foto’s in wat skrywers op hulle profielblaaie plaas.
Hierdie kan ongelooflike reperkussies vir Woes beteken, soveel so dat die webwerf eenvoudig van die lug afgehaal kan word. Wat beteken dat daar regstappe teenoor die persoon wat die prent gebruik het geneem gaan word maar ook teen Woes.
Indien ek ‘n klagte ontvang dat prente sonder die nodige regte gebruik word, en die aantygings is waar, sal ek eenvoudig net jou profiel verwyder van Woes. Ek kan nie sulke foute bekostig nie.
Asseblief, ons almal skep saam en werk saam op Woes en weet self hoe dit moet voel as jy moes ontdek dat iemand jou werk onwettig gebruik. So respekteer ander skeppende mense se regte ook.
Bron:
http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/kopiereg-op-prentefotos
|
Willem Woes Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.
Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie. Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.
Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.
Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:
Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.
Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.
'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer
Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.
'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.
Die Comrades maraton.
Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.
Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.
Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,878
Totaal kommentaar: 959
|