Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Liefdadigheid 2009

Verledejaar het ek al die Woesters genader vir donasies vir ons fondsinsameling vir Wet Nose. Ons was 15 mense wat die 94.7 fietsren op ou Raleigh posfietse gery het. Met 'n 20kg fiets is dit nogal pret. Ons het ook R60,000 vir Wet Nose ingesamel. Hierdie jaar doen ons dieselfde, maar samel geld in vir 'n ander doel.

Die Potchefstroom Rotariërs samel gelde in die inenting van babas en het reeds die eerste fase afhandel waarin 400 babas ingeënt was. Ongelukkig moes baie babas weggewys word oor 'n tekort aan fondse. Gelde word nou benodig vir die tweede fase. Stanlib borg weereens die fietse en ander benodighede vir die fietsren. Stanlib bestuur ook die donasies ontvang en alles donasies word direk in Stanlib se rekening betaal.

Stanlib
Standard Bank
Braamfontein tak
Rekening nommer: 00 2309122
Takkode: 004805
Verwysing: 94.7 Race

Ek weet dat tye tans taai is en mense trek swaar, maar kyk of jy ten minste net 'n paar Rand opsy kan sit vir hierdie projek. Stuur ook vir my 'n epos, intern of na web@woes.co.za, om my in te lig indien jy 'n donasie maak sodat ek kan sien hoe ver ek staan. Ek wil ten minste R2000 insamel.

Hier is 'n foto van 2008 toe ons sopas klaargemaak het met die fietsren.

Hier volg die brief van Potchefstroom Rotariërs oor die projek, verskoon die Engels.

Rotary Potchefstroom Immunization Project

The Rotary Club of Potchefstroom vaccinated over 400 babies against measles, mumps and rubella (MMR) on Saterday 23 May 2009. The vaccinations were done free of charge. The total cost of this project was approximately R50,000-00. The good news, according to the club president Mr Pikkewyn Malan, is that this was just the first phase of what he hopes to become an ongoing project, because the demand was so large that many babies had to be turned away.

A matching grant of $12 000 from Rotary International Foundation has already been approved and will be paid over during August 2009, after which the next phase will be done. The club in the USA involved is the Rotary Club of Chicago. According to the president it was vital to have started this project during 2009 because of the theme "Make Dreams Real". In what the president described as a resounding success the highly efficient team, under the leadership of Rotarian Dr Alphons Raats, got through all vaccinations within an hour and a half. Pharmacy and nursing students from the North West University Potchefstroom Campus, assisted with administering the injections, and Rotarians and Rotary Anns helped with the organisation and completing the necessary documentation.


Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/liefdadigheid-2009
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,878
Totaal kommentaar: 959