Op Woes.co.za onder Woes-Nuus
Moderering van Artikel kategorie
Daar is al ‘n geruime tyd probeer om die Artikel gedeelte op te ruim en skoon te hou van persoonlike kommentare en sulke plasings wat liewers onder Happies geplaas moet word.
Moderering van die Artikel kategorie gaan hierdie week in plek gestel word. Die sisteem is so ontwerp dat persone nie hulle eie werk kan modereer nie. Indien ‘n stuk afgekeur word MOET daar ook ‘n motivering gegee word. Die skrywer sal dan gekontak word en die saak sal gestel word. Indien daar dan wel fout gevind word met die oordeling van die stuk sal die stuk wel beskikbaar gestel word onder die Artikel kategorie. Ek glo dat meeste foute net onder ‘n ander kategorie geplaas word sonder enige probleme. Alle artikels wat in hierdie kategorie ingestuur word sal volgens die volgende oordeel word:
Artikel beskrywing
Artikel handel oor spesifieke onderwerp, hetsy persoonlik, polities, akademies, algemene kennis en so meer. Dit moet interessant aangebied word en opinies moet gestaaf kan word deur of feite of 'n logiese argument. Die uiteensetting moet eenvoudig en maklik verstaanbaar wees. Probeer iets vertel van jou eie oogpunt maar maak seker almal kan dit verstaan. Moenie dit verwar met ‘n Happie nie.
Die Happie Afrikaans is soos volg.
As taal 'n kos was en Afrikaans op die menu was: Wat sou jy wou opdis?
'n Groot happie of 'n kleine, eksperimenteer met idees; gevoelens; waarnemings oor die land, die mense en dit wat jou inspireer.
Ek is opsoek na mense wat interessante artikel reekse wil aanpak. As jy wil skryf oor die moets en moenies wat huiskoop (sonder om jou Remax epos adres by te voeg) is jy welkom. Hier is soveel skrywers en elk het ‘n ander werk en uitkyk op die lewe. Leer ons bietjie iets uit jou wêreld.
Ek is tans opsoek na moderators wat kan help met die moderering van die Artikel kategorie. Aansoeke kan na web@woes.co.za gestuur word.
Bron:
http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/moderering-van-artikel-kategorie
|
Willem Woes Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.
Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie. Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.
Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.
Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:
Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.
Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.
'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer
Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.
'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.
Die Comrades maraton.
Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.
Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.
Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,878
Totaal kommentaar: 959
|