Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Nog twee webwerf verbeteringe

Daar is nog twee veranderinge aangebring tot die webwerf net om dinge meer pret en makliker te maak.

Werk instuur

Die keuse tussen “Alle ouderdomme” en “Taal waarskuwing” was altyd ‘n “dropdown” lysie gewees. Dit het probleme veroorsaak vir mense wat hulle muis wieletjie gebruik om te “scroll”, veral vir gebruikers van internet Explorer. Die oomblik as hulle na onder “scroll” het hulle keuse verander na Taal waarskuwing. Nou is dit so gemaak dat jy ‘n kolletjie moet plaas langs jou keuse, die kolletjie is immuun tot die muis wieletjie se “scroll” aksie.

Woes vriende

Vroeër was jou Woes vriende net eenvoudige teks skakels. Hierdie teks skakels is verander dat dit ‘n teks skakel maar ook jou Woes vriend se profiel foto ook vertoon. Dit maak dinge maar net ‘n bietjie meer kleurvol.

Groete,

Willem Woes
Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/nog-twee-webwerf-verbeteringe
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,878
Totaal kommentaar: 959