Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Nuwe bediener

Die nuwe bediener loop soos ‘n droom en ek moet erken dat ek ‘n aansienlike spoed verbetering op die webwerf gemerk het. Ek wil almal dank vir hulle geduld in hierdie tyd. Ek het op my knieë gegaan en dankie gesê vir dit omdat dit op die einde van die dag ‘n seën was.

Die ou bediener het Woes en die ander webwerwe nou al vir twee jaar gedra. Op daardie stadium was daar omtrent 400 besoekers per dag na die webwerf. Nou is daar meer as 3,000 per dag. Die hoeveelheid skrywers het ook gegroei van omtrent 1,000 na meer as 4,000.

Dankie weereens vir julle geduld.

Groete,

Willem Woes

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/nuwe-bediener
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,878
Totaal kommentaar: 959