Op Woes.co.za onder Woes-Nuus

Nuwe funksie - wys al die nuutste werk

Nou kan jy al die nuutste werk op een plek raaksien en jy kan dit per e-pos ook ontvang. Net onder die horlosie wat aandui hoe lank terug die laaste werkstuk publiseer is sal jy nou ‘n skakel sien: Wys alle nuwe werk

As jy daarop kliek sal jy ‘n lys van die al die nuutste werk sien met die skrywer se naam langs die titel. Jy kan kies of jy al die werk wat vandag of gister publiseer is te wys.

Indien jy elke dag hierdie lys per epos wil ontvang kan jy jou epos adres in die veld wat verskaf is intik en dan sal dit daagliks na jou gepos word. Skakels na elke nuwe stuk werk op Woes sal in die epos wees.

Bron: http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/nuwe-funksie-wys-al-die-nuutste-werk
Willem Woes

Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.

Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie.  Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.

Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.

Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:

Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.

Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.

'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer

Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.

'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.

Die Comrades maraton.

Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.

Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.



Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,878
Totaal kommentaar: 959