Op Woes.co.za onder Woes-Nuus
Publiseer saam met ander skrywers
Die Premium+ module om werk saam met ander skrywers te publiseer op Woes het wel erge probleme gehad maar is tans reg en lewendig maar het ook ‘n paar verbeteringe bygekry.
Een skrywer het dit tot my aandag gebring dit sy wel graag wil weet indien iemand iets saam met haar plaas. So indien iemand jou merk as ‘n skrywer saam met wie hulle publiseer sal jy eers ‘n interne e-pos ontvang. Die epos het all inligting oor wie dit wil plaas en wat die stuk se naam is en twee skakel. Die skakels is “Ja” en die ander “Nee” gemerk. So weet jy eerstens of iemand iets saam met jou plaas ingeval jy nie daarvan geweet het nie en tweedens sit dit die beheer in jou eie hande.
As jy wel saam met die persoon wil publiseer kan jy net op die Ja skakel kliek en as jy nie wil, nie kliek jy dan net op die Nee skakel.
Groete,
Willem Woes
Bron:
http://www.woes.co.za/bydrae/woes-nuusstuk/publiseer-saam-met-ander-skrywers
|
Willem Woes Ek is die skepper van Woes.co.za en ek het nie gedink dit gaan so groot word nie. Omdat ek ‘n kreatiewe mens is weet ek hoe moeilik is dit om ‘n plek te kry waar jy jouself kan uitleef. Wat help kreatiwiteit as dit nie in aksie oorgeskakel kan word nie. Dit is wat Woes vir duisende skrywers tans doen.
Ek het ook nie gedink dit is iets wat ek gaan doen vir ‘n lewe nie. Ek lag altyd vir mense as hulle vra wat ek doen en dan antwoord ek: “Ek doen alles wat my hart wil doen en my hoof bron van inkomste kom uit Afrikaans op die Internet”.
Ek het ‘n unieke manier om die lewe aan te pak en dit om elke jaar iets te doen wat my bang maak. Dit forseer jou om uit jou gemaksone te beweeg en so bewerkstellig dit persoonlikegroei.
Dinge wat ek al gedoen het is soos volg:
Ek het al twee Pendoring toekennings vir webwerf ontwerp gewen.
Fotoverhale in die Beeld koerant laat herleef.
'n Verhoogstuk vir my dertigste verjaardag geskryf en self opgevoer
Vryskut skryfwerk vir die Taalgenoot gedoen.
'n Musiekblyspel geskryf vir my 33'ste verjaardag en self opgevoer. Self liedjies geskryf en dit laat toonset.
Die Comrades maraton.
Ek en my broer het die Cape-Epic bergfietsren gedoen. Jy ry met ‘n bergfiets van Knysna, deur die Klein-Karoo tot in Stellenbosch. Dit is oor 8 dae.
Dankie dat jy Woes besoek en geniet jou tyd hier.
Totale stukke publiseer: 350
Totaal kere gelees: 830,878
Totaal kommentaar: 959
|